Die span by VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram, Noodlig, gee wenke wat jou lewe in ’n noodsituasie kan red. 

’n Kopstamp is ’n nare ding wat elke mens so af en toe oorkom. Hoe weet ons wanneer so ’n kopstamp ernstig is?

Yaseen Khan, ILS-paramedikus, vertel vir ons meer oor wat om te doen wanneer iemand na aan jou ’n kopbesering opdoen. 

Kyk eerstens of die besering bloei. Indien wel, plaas hoë druk op die wond om die bloeding te keer.

Neem die persoon hospitaal toe as die bloeding voortduur. 

  • Laat die persoon ’n rukkie lank rus sodat hul toestand kan normaliseer. 
  • Monitor die grootte van die knop. Neem die persoon dadelik hospitaal toe as die knop se grootte verdubbel. 
  • Vul ’n vadoek met ys en plaas dit op die knop om kwaai swelling te vermy.

Indien die persoon enige van die volgende simptome toon, moet hulle so spoedig moontlik by die hospitaal uitkom:

  • Hallusinasies
  • Komplikasies met sig
  • Moeilikheid met balans
  • Naarheid 

Hierdie artikel verskaf net algemene mediese kennis.  

As jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland, kan die gegewe as wenke gebruik word. Dit is egter noodsaaklik dat jy wel in so ’n noodsituasie dadelik  ’n mediese dokter raadpleeg of ’n ambulans ontbied. 

  • Nuwe episodes van Noodlig wys elke Woensdag om 21:00 met heruitsendings op Sondae om 22:00.