Pippie, wat vanjaar 10 jaar oud word, en haar ma het in Minki se geselsprogram verskyn om te vertel hoe Pippie deesdae aansterk.

Anicè  het vertel van die gesin se nuwe lewe op Stilbaai, Pippie se onlangse besoek aan die VSA en hoe die keto-dieet Pippie se vel help herstel het.

Sy het ook haar hart oopgemaak oor hoe sy voel oor haar rol as ma en versorger.

“Ek wil nie selfsugtig klink nie, maar as ek nie daar was nie, wie sal daar wees (vir haar)?,” het Anicè met Minki gedeel.

“Natuurlik sal daar iemand wees wat na haar kyk, maar ek voel ek is die een wat dit die beste kan doen.”

Minki het Pippie verras met ’n spesiale besoek deur een van haar helde.

Kan jy raai wie dit is? Vertel ons op Facebook wat jy dink.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word deur Incanda-meubels en Bacher & Co. geborg.
  • Kom neem deel aan die gesprek. Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebook en WhatsApp, en teken in op ons nuusbriewe.