Só sê die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss in ’n spesiale videoboodskap aan Chantel Struwig, ’n Affies-meisie met ’n kenmerkende geboortevlek, wat ’n gas op die jongste aflewering van Minki van der Westhuizen se geselsprogram, Minki, is.

Chantel is met ’n geboortemerk op haar gesig gebore, maar pleks van dit verdoesel, het sy besluit om dié eienskap van haar voorkoms te vier.

Chantel deel gereeld foto’s op haar Instagram-profiel waar sy grimering gebruik om haar geboortemerk te beklemtoon.

View this post on Instagram

Confidence is contagious. Catch it. Spread it.

A post shared by C.J.S. (@chantelstruwig) on

Sodoende wil Chantel haar sosialemediaplatforms gebruik om vroue te inspireer om elke aspek van hulle voorkoms te omarm.

  • Klik hier om meer oor haar storie te lees.

Minki was so deur Chantel se inspirerende storie geroer dat sy haar met ’n GOSH-grimeringspakkie en ’n spesiale videoboodskap van Rolene verras het.

Kyk hier na Rolene se videoboodskap.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.