“Ek is bang vir ’n traffic cop,” het Karlien in die episode erken. “Ek het al baie boetes gekry.”

Die boet-en-sus-duo is deur hul ma, Ronél Brink, uitgedaag om die wêreld van die verkeerspolisie van nader te beleef omdat die Van Jaarsvelds as kunstenaars gereeld op die pad is om van konsert na konsert te reis.

“Ons ry bitter baie,” verduidelik Bobby. “Enige musikant is baie op die pad en ongelukkig hoor 'n mens gereeld van kunstenaars wat verongeluk. Helfte van ons lewe is op die pad. Dis ons kantoor.”

Bobby en Karlien het ’n Sondagaand saam met Charles Mcleod, 'n verkeersbeampte van die Kaapse ghost squad, deurgebring. 

“Dit gaan nie altyd net oor ’n boete skryf nie,” verduidelik Charles. “Ons werk vir die gemeenskap. Ons kyk dat mense veilig is op die pad, dat mense die reëls nakom sodat jy ook veilig kan wees op die pad.”

Chrales het die Van Jaarsvelds saamgevat na Eersterivier op die Kaapse Vlakste waar hulle straatrenjaers moes vastrek.

Kyk dié video vir ’n voorsmakie van vanaand se episode.

Wil jy meer sien?

Kyk na die nuwe episode van Bobby en Karlien: In jou Skoene vanaand om 20:30.

  • Nuwe episodes van Bobby en Karlien: In jou Skoene word elke Woensdag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 20:30 en Maandae om 18:30. In samewerking met Afrikaans.com.