Wat het gebeur tydens die verfilming van Wie’s Jou Poppie met Melinda?

Ek en Melinda het ’n troeteldierwinkel in Pretoria besoek. Ons moes dapper wees en slange en spinnekoppe bevriend. 

Wat het jy uit die ervaring geleer?

Ek het geleer dat ek diere dikwels meer vrees as wat hulle my vrees. Ek bly egter baie bang vir voëls. Dit is een diersoort wat ek nooit sal kan bevriend nie. 

Wat verstaan jy onder die term poppie?

Wanneer ek na iemand as ’n poppie sou verwys, sal daardie persoon fyn, mooi, klein en moontlik pieperig voorkom. So ’n persoon is ook vir my dikwels kieskeurig oor wat hulle aantrek. 

Sou jy sê dat jy ’n poppie is?

Glad nie!

Het jou en Melinda se vermoëns jou beïndruk?

Ek het totaal en al gevaal. Ek kon skaars aan die slange of spinnekoppe raak. Daar het trane oor my wange gerol as gevolg van die vrees. Ek gaan beslis nie weer willekeurig so naby aan ’n slang of spinnekop kom nie. 

  • In Wie’s Jou Poppie? daag die voormalige Mej. SA Melinda Bam haar vriendinne uit om saam met haar te bewys dat hulle alles behalwe poppies is. Episodes word Woensdae om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 19:30.