Die probleem is wel opgelos en om kykers in staat te stel om die volledige program sonder onderbrekings te sien, is heruitsendings van dié episode herskeduleer vir Vrydagaand 14 September (vandag).

Jy kan vanaand om óf 19:00 óf 21:30 op VIA (kanaal 147) vir die heruitsending inskakel.

Indien jy nie die Vrydagaand kan inskakel nie, kan jy die heruitsending op Sondag 16 September om 21:00 kyk.