Minki van der Westhuizen is absoluut dol oor Incanda-meubels. Dié spogmeubels pronk nie net in haar eie huis nie, maar ook in die Minki-ateljee. Dink net aan die skelpienk stoel waarop Minki weekliks op dié geselsprogram sit.

Nou kan jy, nes Minki, enige vertrek in jou huis of woonstel ekstra oemf gee met van die sjiekste meubels in die land. Gaan eenvoudig na Incanda se Facebookblad en volg die aanwysings om in te skryf.

Nuwe episodes van Minki word elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:30. (Saam met Bacher and Co., Fragrance Fanatic South Africa, ROSEFIELD, GOSH Copenhagen South Africa en Incanda Furniture.)

Dié kompetisie duur van 16 Januarie 2019 tot 17 April 2019 om middernag. Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil. Personeel en gesinne van Media24 en die prysborg mag nie deelneem nie.

Jy moet die vorm voltooi om ’n kans te hê om te wen. As ’n wenner nie binne drie oproepe in werkure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die prysborg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit inskrywing vir of deelname aan die kompetisie spruit nie.

Deur aan die kompetisie deel te neem, stem jy in dat Media24 en die borg jou af en toe mag kontak rakende promosies en ander bemarking wat dalk op jou van toepassing mag wees, onderhewig aan jou reg om sodanige promosies en bemarking van die hand te wys.

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir ’n ander prys of kontant geruil word nie. Die prysborg is verantwoordelik vir die lewering van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke).

  • Die prys moet voor 31 Januarie 2020 opgeëis word.