Noorman
Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com

Deur SD Fourie (Penguin, R189*)

“Die oorlog, sy geheueverlies ná die Slag van Delvillebos en ’n onwettige huwelik met ’n ander vrou staan tussen hom en sy geliefde, Sophie. Het sy die afgelope 10 jaar vir hom gewag?”

Dis 1920, ’n man vlug van ’n hartseer stuk geskiedenis en gaan vestig hom onder ’n vals naam in ’n lieflike kloof in die Strandveld, ’n kusgebied in die Wes-Kaap. Die meisietjie wat hom hier red, Lewiesa Baadjies, word die belangrikste figuur om wie sy lewe en die lieflike Noorman draai.

Ons gesels met SD Fourie

SD Fourie se jongste roman speel af in die Strandv
SD Fourie se jongste roman speel af in die Strandveld, ’n kusgebied in die Wes-Kaap. Foto: Johan Pieterse

Kom jy uit die Strandveld of hoe ken jy die wêreld so goed?

Ek is op ’n plaas naby Stanford gebore, het in Bredasdorp se distrik grootgeword en woon al die afgelope 56 jaar op Franskraal. Ek en my man, Jan, het 20 jaar lank ’n museum hier vlak teen die see bedryf.

Ek was ook ’n toergids, en my belangstelling oor die kultuurhistoriese agtergrond van die streek strek oor baie jare. Ek en Jan, ’n geesdriftige historikus, het ’n passie vir die Strandveld gedeel. Hy is ongelukkig tydens die finale afronding van Noorman oorlede.

Wat het die saadjie vir die roman geplant?

Tydens my navorsing het ek op die naam Noormanskop in die berge rondom Napier afgekom.

Ek kon nie ’n verklaring vir die vreemde naam kry nie, behalwe dat ’n noorman ’n Noorse see­rower was. Of die naam vasgesteek het tydens die jare toe hier nog baie skepe gestrand het, kon ek ook nie bevestig nie, maar dat dit die teelaarde was vir my fiktiewe storie met historiese agtergrond, is wel so.

Ek is bly dat ek vir jou ’n mens is en dat jy my raaksien

Skipbreukelinge het deur die eeue ’n groot invloed op die omgewing gehad en hul kleurryke stories is vandag nog deel van die Strandveld.

Bygesê, die verbeelding en liegstories dra by tot die Strandvelders se vertelkuns!

Jou gunstelingkarakter?

Dis Louisa, die plaaskind wat met haar ongekunstelde vuilbekkigheid selfs die stuurse Noorman laat ontdooi, Maria uitoorlê en die Levinsons met haar skerpsinnigheid beïndruk.

Sy is vir my die verpersoonliking van baie verontregte Louisas uit ons plattelandse geskiedenis, veral op plase. Ek wou met Noorman vir hulle ’n regmatige plek gee.

“Ek is bly dat ek vir jou ’n mens is en dat jy my raaksien,” het sy vir Noorman gesê.

My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com

Deur Christine Barkhuizen-Le Roux (Human & Rousseau, R239*)

In die middel van hierdie aangrypende verhaal staan oom Petrus wat saam met sy vrou, tannie Susan, grootmaakouers word vir seuns wat Skuilkranz toe gestuur is.

Corinne, ’n sielkundige, word versoek om saam met Deon, een van haar pasiënte, op pa Pietie se spore te gaan loop. Dit word vir haar ’n byna bomenslike reis Oos-Kaap toe, want haar predikantman, Frank, wat ook hier grootgeword het, het vreemd begin optree (selfs begin drink) nadat hy ’n paar jaar tevore saam met sy grootmaakouers dieselfde reis onderneem het.

Ons gesels met Christine

In haar nuwe roman skryf Christine Barkhuizen-Le R
In haar nuwe roman skryf Christine Barkhuizen-Le Roux ’n donker saak oop. Foto: Brenda Veldtman

Hoekom het jy besluit om oor seksuele molestering te skryf?

Die vraag is eintlik: Hoekom word daar nie eintlik in Afrikaans geskryf oor seuns wat seksueel gemolesteer word nie? Toe ek met mense begin gesels, was dit soos ’n magneet wat al die ystervylsels na hom toe aantrek.

Met die lees oor die onderwerp en praat met slagoffers (my eerste bronne is altyd boeke en persoonlike gesprekke – die internet kan later bykom), was ek regtig geskok.

In baie Engelse boeke, en boeke in Engels vertaal, is ’n magdom gevalle waaroor geskryf word. En wêreldwyd is daar selfs sindikate van mense, veral in hoë posisies, wat seuns van die een na die ander “aangee”.

Vertel iets van jou navorsing.

Ek het baie gelees – in Nederlands, Vlaams en Engels, want daar is min te vinde in Afrikaans. Daarna het ek onderhoude in Antwerpen met onder andere Peter Adriaenssens, ’n kinderpsigiater wat met slagoffers gewerk het van wie sommige al in hul 80’s was toe ­kindermolestering in 2010 begin uitkom het.

Ek het ook ’n onderhoud gevoer met die Ierse skrywer Colm O’Gorman, ’n slagoffer van misbruik deur priesters en die skrywer van ­Beyond Belief: The Story of the Boy Who Sued the Pope. Ek het ook met slagoffers gepraat; onverwags ook met ’n biskop van Rotterdam.

Wil jy met jou boek aan slag­offers hoop gee?

Onomwonde ja! Colm het in Dublin vir my gesê: “Moet asseblief nie skryf dat alle slagoffers ver­lore of selfmoordgevalle is nie. Daar ís hoop.” En ek wil graag deur my boek lesers én slagoffers laat sien hulle is oorwinnaars.

Jy kan die verlede nie ongedaan maak nie, maar jy kán in ’n groot mate heling ervaar.

Hulle is/was nie die skuldiges of swakkelinge nie, al het ’n pedofiel hulle so laat glo.

Kry hulp – watter ouderdom jy ook al vandag is. Daar is beroepsmense soos sielkundiges wat jou kan help. Jy kan die verlede nie ongedaan maak nie, maar jy kán in ’n groot mate heling ervaar.

* TEEN DIÉ PRYSE BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET  DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.