Debora gaan huis toe deur Helene de Kock (Human & Rousseau)

Dis die sestigerjare en dokter Debora Schlagerfeldt gaan Oos-Vrystaat toe om haar pa in sy praktyk te help.

Mans vind haar koel of soos haar neefs Jacob en Dieter dit verduidelik, sy is “hopeloos met hartsake”.

Dis die sestigerjare en dokter Debora Schlagerfeldt gaan Oos-Vrystaat toe om haar pa in sy praktyk te help.

Tog raak sy smoorverlief op iemand wat glad nie by haar voorgenome bestaan op haar tuisdorp inpas nie, ‘n hartchirurg uit Kaapstad.

Dr. Tristan Murray is nie ‘n maklike man om te lees nie en wanneer hy sê hy kan nie ‘n verhouding tussen hulle toelaat nie, vlug sy Londen toe.

Die einde van die storie deur Santie van der Merwe (Lapa-uitgewers)

Lizzie is ‘n uitgesproke middeljarige huisvrou wat haarself uiteindelik aanvaar, grys hare, vetrolletjies en al. Maar wanneer sy haar huwelik fyner begin bekyk, wonder sy of sy haar man nog liefhet.

Wanneer sy haar huwelik fyner begin bekyk, wonder sy of sy haar man nog liefhet.

Marthinus is 'n man van min woorde wat dink sy vrou en hul huwelik is perfek. Hy ontken dat hulle 'n probleem het en weier om daaroor te praat.

Wilde klawer deur Vita du Plessis (Lapa-uitgewers)

Die vurige McKenna Wilde is 'n vrye gees met psigiese vermoëns wat haar nie aan konvensies steur nie en haar eie kop en intuïsie volg.

Vir dié ekstrovert wat verkies om op die ligter sy van die lewe te konsentreer, is haar spesiale gawe om deur aanraking te “sien” eerder 'n vloek as 'n seën.

Die vurige McKenna Wilde is ‘n vrye gees met psigiese vermoëns.

Tim Els is 'n tandarts wat ná 'n persoonlike tragedie na Noord-Ierland verhuis. McKenna besef sy kan haar gawe gebruik om hom te help om afsluiting te kry. Maar dit is moeilik om teen 'n spook om 'n man se hart te baklei.

Al wat oorbly deur Santie van der Merwe (Lapa-uitgewers)

Dit gaan oor Julia, wat deur ’n on­­genaakbare, koue stiefma grootgemaak is nadat haar ma oorlede is toe sy nog klein was.

Sy het gesweer sy sal nooit ’n ma, en nog minder ’n stiefma, wees nie, maar toe raak sy verlief op haar buurman, die pa van twee kinders.

Sy het gesweer sy sal nooit ’n ma, en nog minder ’n stiefma, wees nie.

Haar stiefma sterf net toe sy haar en Wynand se verhouding beëindig en dwing sodoende die verlies van haar ma, wat sy nooit verwerk het nie, na die oppervlak.

Blom in die hare deur Kristel Loots (Lapa-uitgewers)

In haar grootwordjare in die laat 1980’s dra die vroue skouerkussings en groot hare, maar nie Kaila nie.

Haar aanneemma is kerklik en koeklik en nie regtig vir haar lief nie. Al wat sy toegelaat word, is ’n blom in die hare, iets wat sy eers later sou verstaan.

Al wat sy toegelaat word, is ’n blom in die hare, iets wat sy eers later sou verstaan.

Die gevaarlike verhouding tussen haar en ’n onderwyser oorheers haar lewe. Ná haar ma se verdwyning bly Kaila na haar soek om antwoorde op haar baie vrae te kry.

Later jare stort sy haar liefde uit op haar seun, maar kan nie die kwaad van hom af weghou nie.

Foto's: Goodreads, LitNet, takealot