André Trantraal

André Trantaal
André Trantaal.

“Dinge verander maar stadig. Dit voel asof ons eindelik op pad is na die draai in die pad, asof nuwe lesers en nuwe leesstof amper in die voorry staan. Ek sien daarna uit om mense te ontmoet by die KKNK wat nog nie daar was nie en wat in die verlede dalk gevoel het die fees sluit hulle nie in nie.”

Keegan en Samier.
Keegan en Samier.
  • André, skrywer en illustreerder, gesels op 11 Maart by die Woordfees oor die gebruik van Kaaps en op 24 Maart by die KKNK oor Keegan en Samier, sy nuwe reeks vir kinders wat pas begin lees het.

Lanie van Reenen

Lanie van Reenen.
Lanie van Reenen.

“Vanjaar wil ek die Woordfees van hoek tot wal beleef. Ek bespreek vir elke dag ’n toneelstuk of twee, ’n musiekuitvoering en soveel skrywers­gesprekke as wat die tyd tussenin toelaat. En ?natuurlik my gesprek met Ma­rita van der Vyver.”

Net mooi fine.
Net mooi fine.
  • Lanie gesels op 10 Maart by die Woordfees oor haar boek Net mooi fine, waar sy verder skryf oor die Franse kasteeltjie wat haar ontglip het.

Erns Grundling

Erns Grundling.
Erns Grundling.

“Ek dink vanjaar is my 23ste KKNK. En met Queenie-­hulle en Kamphoer wat albei uitgeblink het op die onlangse kykNET-­Fiëstas wil ek ­beslis by dié twee toneel­opvoerings uitkom.

“Wat musiek betref, wil ek graag Amanda Strydom se nuwe ver­toning, Nostalgie, sien. En ook luister na die puik orkes van Eet Kreef! met Laudo Liebenberg ?agter die mikrofoon.”

Sushi en shosholoza.
Sushi en shosholoza.

Azille Coetzee

Azille Coetzee.
Azille Coetzee.

“Ek sien baie uit na Wit isse colour, ’n toneelstuk geskryf deur Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal en gegrond op Trantraal se daaglikse waarnemings en ondervindings.

“Dan is ek opgewonde oor The One Who Sings, ’n stuk waarin Zolani Mahola haar eie verhaal vertel. En die gesprek met Sonja Loots oor die samestelling van ?Die nuwe Afrikaanse prosaboek by die Boeke-oase.”

In my vel.
In my vel.
  • Azille  se In my vel  het veral ’n jonger generasie aan die praat gesit. Op 13 Maart word sy by die Woordfees uitgevra – en kom hoor wat sy sê op 27 Maart by die KKNK.

Christine Barkhuizen-­Le Roux

Christine Barkhuizen-Le Roux.
Christine Barkhuizen-Le Roux.

“Ek gaan KKNK toe vir die boeke. Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld, John Jack Smith en sy Zola en Anderman se vrou van Chris Karsten is hoog op my lys.

“Verder is ek nuuskierig oor hoe die verhale gekies is vir Die nuwe Afrikaanse prosaboek. En For the Love of the Land – mag Ivor Price en Kobus Louwrens die regering se oë oopmaak vir ál ?die boere wat kos voorsien!”

My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Chanette Paul

Chanette Paul.
Chanette Paul.

“Boekgesprekke. Ek kan my verluister aan ander skrywers. En ek sien uit na boeke koop wat dadelik in my hand is (pleks van aanlyn bestellings) en wat ek boonop kan laat teken.

“En om weer na Petronel Baard (‘die Lang Vrou’) te gaan luister – ons bly spesiaal ‘langer’ hiervoor. Dan die vlooimark – ek is mal oor ‘goeters’ koop. Maar die rit Oudtshoorn toe is ook ’n vreugde. Ek vrek oor die Klein-Karoo.”

Een van die boeke uit die vroue van Vywerbaai-tril
Een van die boeke uit die vroue van Vywerbaai-trilogie.
  • Chanette gesels op 25 Maart by die KKNK oor haar nuwe trilogie oor die vroue van Vywerbaai.

Coenie de Villiers

Coenie de Villiers.
Coenie de Villiers.

“Ek sien die meeste uit na my en Deon Meyer se ?vertonings van die nuwe Karoo Suite 2: Karoonagte by die KKNK. Ons het hard daaraan gewerk en dink mense sal daarby aanklank vind. En dan kuier, konserte bywoon, nogmaals kuier en Oudtshoorn geniet!”

  • Coenie gesels op 25 Maart by die KKNK saam met Deon Meyer oor Deon se ses nuwe verhale oor die Karoo en sy nagte en die musiek wat Coenie hiervoor geskryf het.

Bianca Flanders

Bianca Flanders.
Bianca Flanders.

“Ek is mal oor die KKNK! Kuns is so belangrik, en vir my is dit altyd lekker om so baie teaterstukke op een plek te sien. Ek is ook baie bly om Prinses Pampoenpit Oudtshoorn toe te vat. Die bood­skap van die boek is baie belangrik vir my. As kind het ek gesukkel met my hare en hoe om te leer om dit lief te hê.

“Ek wou rêrig die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie. As kinders selfvertroue het en hulself liefhet, kan hulle dink aan belangriker dinge, soos hoe om president of ’n pilot te wees.

“Ek wil daai bood­skap deel met soveel kinders moontlik. En kuns bring mense van verskillende kulture en agtergronde bymekaar!”

Prinses Pampoenpit
Prinses Pampoenpit
  • Kom luister na Bianca op 15 Maart by die Woordfees. Op 24 Maart gesels sy by die KKNK en op 25 Maart met die kinders in die Speelbos by die KKNK.
Wanneer en waar?