Elke hond kry sy dag
Deur Kimberlie Hamilton (Lapa in ?samewerking met
Deur Kimberlie Hamilton (Lapa in ?samewerking met Scholastic Ltd, ?Londen, R200)

Deur Kimberlie Hamilton (Lapa in samewerking met Scholastic Ltd, Londen, R200)

Dapper honde, slim honde, beroemdes, bomsnuffelaars, ruimte- en fliekhonde, woestynoorlewendes – noem maar op, hier is bladsye en bladsye vol ware verhale van honde wat baie spesiaal was.

Daar is Megan wat in haar loopbaan van sewe jaar op Gatwick-lughawe in Engeland 100 vondste gemaak het. Die spanjoel het onder meer 220 kg kokaïen uitgesnuffel wat meer as R550 miljoen werd was.

In die 1993-bomontploffings in Moembai, Indië, het die labrador Zanjeer duisende mense se lewe gered deur onontplofte plofstowwe op te spoor.

Titina die foksterriër het saam met haar baas, die ontdekkingsreisiger Umberto Nobile, in sy lugskip oor die Noordpool ­gereis.

’n Australiese beeshond, Max, was al doof en halfblind toe hy ’n driejarige verdwaalde dogtertjie opspoor. Hy het haar deur die nag warm gehou en die volgende dag die reddingswerkers na haar toe gelei.

En weet jy hoekom honde gras eet? Die kenners ook nie!

Hoekom eet hulle poef? Dalk om hul ­spore uit te wis sodat roofdiere hulle nie kan opspoor nie of weens ’n tekort aan vitamien B. Siesa.

En honde lek jou omdat dit ’n belangrike vorm van kommunikasie is waarmee hulle wil sê hulle hou van jou, is honger of soek aandag.

Hondeliefhebbers van so nege tot 13 sal dié lekker dik boek verslind.

Die Bybel: Stories vir kinders
By groot supermarkte landwyd te kry
By groot supermarkte landwyd te kry.

Redakteur en samesteller: Charlea Sieberhagen-Grey (Media24 Leefstyl, R120). By groot supermarkte landwyd te kry, of bel Johan Terblanche by 021-406-4962.

“Baie van ons koester kleintydherinnerings aan Bybelstories wat ons ouers vir ons voorgelees of wat ons in die Sondag­skoolklas gehoor het. Of dit nou Dawid is wat die reus Goliat verslaan het of Jona wat deur die groot vis ingesluk is, die vertellings van dié stories bly ons by,” skryf Yvonne Beyers in die voorwoord.

Sy is die eindredakteur van dié Kinder­bybel wat in ’n glans­tydskrifformaat uitgegee is. Die 30 stories kom uit die Ou en Nuwe Testament en word vertel op ’n manier wat voor­skoolse en laer­skoolkinders sal verstaan.

’n Bonus is kassies oor relevante waardes en gesprekke wat ouers met hul kinders kan hê. ’n Goeie voorbeeld is by die verhaal in Markus 4 waar Jesus die storm stilmaak. In die kassie word verduidelik hoe bang die dissipels was, hoe Jesus rustig geslaap en toe die storm laat bedaar het en hoe ons soms voel of iets in ons soos ’n storm is.

“Maar ons hoef nie bang te wees nie, want God sal die storm laat verbygaan. Die wind sal weer gaan lê en die water sal weer kalm raak.”

Dan volg drie vrae wat ’n ouer kan vra: Was jy ook al bang?, Raak jy bekommerd as jy nie weet wat om te doen nie? en Hoekom hoef jy nie bang en bekommerd te wees as dit voel of jy in ’n storm is nie?

Die kleurryke illustrasies deur Lize-Marie Dreyer help vertel aan die stories. Die detail sal kinders se aandag geboei hou. Ook in stories wat kinders kan bang maak – soos Daniel in die leeukuil – is die illustrasies vriendelik en toeganklik vir ’n jong gemoed.

Op pad met vakansie
Human & Rousseau, R100
Human & Rousseau, R100

Human & Rousseau, R100

Hier is ’n kat wie se tasse gepak moet word; mnr. Mol soek ’n stuurwiel vir sy motorboot; mev. Krokodil benodig ’n helm om te vlieg, en ’n klomp ander dieremaats het jou hulp nodig.

Gelukkig is hier 100 plakkers wat jy kan plak en jy kan die prentjies ook mooi inkleur. Vir kinders van drie en ouer.

Ook in die reeks is Op pad werk toe, Op pad in die stad en Hulp is op pad.

Die kolwyntjie-kompetisie
Deur Theresa van Baalen (Lapa, R119*)
Deur Theresa van Baalen (Lapa, R119*)

Deur Theresa van Baalen (Lapa, R119*)

“Dolfynstraat 7 is ’n strandhuis op Duinebaai. Dit is nie ’n gewone huis nie. Dis ’n lekker-lag-, heeldag-speel-, laat-gaan-slaap-, doen-wat-jy-wil-huis.

“Dis Jana se gunstelingplek in die hele wêreld, want as sy hier is, beteken dit dis VAKANSIE!”
Haar beste maat in Duinebaai is Alisha, wat sy net in vakansietye sien.

Dié keer wil hulle deelneem aan ’n kompetisie om te kyk wie ’n kol­wyntjie die mooiste kan versier. ’n Klomp sjokolade kan gewen word, maar groot moles volg toe ’n hondjie ’n groot gemmerkat in die saal injaag.

Vir kinders van ses tot agt.

Ook in die reeks is ’n Piekniek op die strand, Vlieërs en filmsterre en Sand, see en dolfyne.

101 vakansiegrappe
Deur Jaco Jacobs (Lapa, R38*)
Deur Jaco Jacobs (Lapa, R38*)

Deur Jaco Jacobs (Lapa, R38*)

Wat val by die Noordpool, maar kry nooit seer nie? Sneeu.

Hoekom is die lantern, die flits en die gloeilamp nie na die partytjie genooi nie? Dit was ’n Kerspartytjie.

Wat is die verskil tussen ’n spyker en ’n bokser? Die een word ingeslaan en die ander een word uitgeslaan.

As jy vies is omdat jy dié vakansie met Jan Tuisbly se karretjie om die huis moet ry, is ’n grapboek net die ding om jou suurmeter te laat sak.

En dis so goedkoop, jy kan dit met jou sakgeld vir jou maats as Kersgeskenke koop.

Vir kinders van ses tot agt. Ook in die reeks is 101 sportgrappe.  

* TEEN DIÉ PRYSE BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET  DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.