Ek Wens, Ek Wens

Deur Zirk van den Berg (Kwela Boeke, R189*)

Ek wens, ek wens.

“ ‘Gawie wou ’n begrafnisondernemer ontmoet. Hy stel baie belang in wat met hom gaan gebeur as hy doodgaan.’

“Seb voel asof hy in ’n kamera se flits betrap is, verbaas en ontbloot. Dis een van daardie oomblikke wat vir hom onderstreep waarom hy die dooies se geselskap verkies – daar is geen verrassings nie en niemand om sy tekortkominge raak te sien nie.”

Voor Seb staan ’n siek seuntjie van so agt jaar oud wat sy ma gevra het om hom na die begrafnisonderneming te bring sodat hy hom van ’n laaste paar feite kan vergewis.

(Van sy siekte weet hy reeds alles: “Ek is ’n rare geval. Die dokters noem dit degeneratiewe leiomiopatie.”) 

Hy dring daarop aan dat Seb hom in ’n kis tel sodat hy kan voel hoe dit is.

Hy vra of Seb sy “wors” (die pypie in sy neus) gaan verwyder as hy dood daar lê en vertel dan vir hom die sprokie van die man wat drie wense ontvang het en toe ’n pan wors ontvang het. 

Hy wil by Seb weet wat sy drie wense sou wees, maar dié kan nie aan iets dink nie. 

“Oom moet. Mens moet altyd weet waarvoor jy wil wens.”

Seb se vaal lewe, sekslose huwelik, twee tienerkinders wat lyk asof hulle hom nie nodig het nie en ’n werkkrisis word ná hierdie ontmoeting bekyk deur die lens wat Gawie voor hom opgehou het: Wat wens oom?

’n Paar vrae aan Zirk 

skrywer
Zirk van den Berg

Waar het jou skrywery begin?

In Bellville, toe ek nog in die laerskool was. My eerste ge­publiseerde storie was in Huisgenoot toe ek so 19 was. My eerste boek, Ekstra Dun vir Meer Gevoel, het 10 jaar later verskyn.

Was daar iemand wat jou aangemoedig het om te skryf?

Nee wat, die mense wat die boeke geskryf het wat ek gelees het, was al aanmoediging wat ek nodig gehad het. Ek het in my jongdae niemand geken wat iets van skryf geweet het nie. Daar was wel later vriende soos die skrywer André le Roux en uitgewers wat my help rigting kry het. Met my jongste twee boeke het François Bloemhof en my uitgewer, ­Carolyn Meads, waardevolle raad gegee.

Het jy ’n gunstelingboek wat jy wens jy geskryf het?

Ek is mal oor King Solomon wat die gevierde Franse skrywer Romain Gary onder die skuilnaam Emile Ajar uitgegee het. Die meeste lesers hou van wendings in stories, maar vir my is wendings binne sinne byna lekkerder. Gary is ’n meester daarin om sinne te skryf wat jou verwagtings nek omdraai.

Waar het jou skrywery begin?

In Bellville, toe ek nog in die laerskool was. My eerste ge­publiseerde storie was in Huisgenoot toe ek so 19 was. My eerste boek, Ekstra Dun vir Meer Gevoel, het 10 jaar later verskyn.

Was daar iemand wat jou aangemoedig het om te skryf?

Nee wat, die mense wat die boeke geskryf het wat ek gelees het, was al aanmoediging wat ek nodig gehad het. Ek het in my jongdae niemand geken wat iets van skryf geweet het nie. Daar was wel later vriende soos die skrywer André le Roux en uitgewers wat my help rigting kry het. Met my jongste twee boeke het François Bloemhof en my uitgewer, ­Carolyn Meads, waardevolle raad gegee.

Het jy ’n gunstelingboek wat jy wens jy geskryf het?

Ek is mal oor King Solomon wat die gevierde Franse skrywer Romain Gary onder die skuilnaam Emile Ajar uitgegee het. Die meeste lesers hou van wendings in stories, maar vir my is wendings binne sinne byna lekkerder. Gary is ’n meester daarin om sinne te skryf wat jou verwagtings nek omdraai.

Jagter 

Deur Bettina Wyngaard (Umuzi, R245*)

jagter,skrywer
Jagter

Hulle kom nie gewoonlik op die kampus nie, maar hier is hulle nou. Twee mans in die tuniek van die godsdienspolisie. “Hier is groot fout. Sy is vinnig, in ander omstandighede sou sy ’n atleet kon gewees het, maar nie in die Islamitiese Republiek van Iran nie. 

“Sy is vinnig genoeg en kom weg. Maar Shilan, vriendelike, sonnige, lompe Shilan, kom nie weg nie. Hulle vang haar maklik en boender haar agterin die kar in.”

Toe haar gebreekte liggaam ’n week later voor haar ouerhuis neergegooi word, begin ’n wraaktog wat jare later sy eindpunt in Seepunt, Kaapstad, bereik. Dit het ook op kapt. Nicci de Wee ’n lewens­veranderende uitwerking.

’n Paar vrae aan Bettina

skrywer,roman
Bettina Wyngaard.

Waar het jou skrywery begin?

Ek het op laerskool al opstelletjies geskryf en in gr. 8 iets in die skoolkoerant gepubliseer gekry. Nadat ek jare lank glad nie pen op papier gesit het nie, het my debuut­roman, Troos vir die Gebrokenes, in 2009 verskyn.Was daar iemand wat jou aangemoedig het om te skryf?

Ja, my taalonderwysers: Becky Kennedy, Lisette Benson en Patty Carolus. Ek was gelukkig om toe reeds mense te ken wat lief was vir taal en ’n passie gehad het om jong talent te ontwikkel. En my ma het in my geglo lank voor ek dit self gedoen het. Het jy ’n gunstelingboek wat jy wens jy geskryf het?Margaret Atwood se The Handmaid’s Tale en Henry Thoreau se Walden.

Waar kom jy aan die storie vir Jagter?

Nadat ek bevriend geraak het met ’n Koerdiese skrywer, het ek meer begin oplees oor die situasie van Koerde in Iran. Hoe meer ek gelees het, hoe meer het ek besef ek wil hieroor skryf. Toe ek ’n koerantberig lees oor ’n vroulike Peshmerga-soldaat – deur die koerant gedoop as die “Koerdiese Angelina Jolie” – het ek geweet in watter rigting ek die verhaal wou stuur.

Aankoms en vertrek

Deur Pat Stamatélos (Umuzi, R189*)

aankoms en vertrek,roman
Aankoms en vertrek

In Aankoms en Vertrek moet Bailey nood­gedwonge terugkeer na Suid-Afrika ná ’n tragedie in haar ouerhuis. Maar in haar Londense lewe het ook ’n tragedie afgespeel en hiervan weet die twee mans in haar lewe niks: haar broer, Zak, wat haar verkwalik vir iets wat sy versuim het om te doen, en Adam, haar skoolliefde wat skielik weer vierkantig in haar lewe kom staan.

’n Paar vrae aan Pat

skrywer,roman
Pat Stamatélos

Waar skryf jy?

Ek sit en skryf in my slaapkamer by ’n ou­tydse lessenaar wat my tannies (ek is aangenome) lank gelede vir my gekoop het. Hy is eintlik ’n bietjie klein, maar wanneer ek eendag groot is, gaan ek ’n ander een koop.

Waar het jou skrywery begin?

Lank gelede toe ek besluit het om oor my ma se dood te skryf (wat ek nie kon verwerk nie). Die plan was nie om ’n boek te skryf nie, maar die storie het bly groei en eindelik met my weggehardloop. Ek het dit weg­gestuur vir moontlike publikasie, maar ná nege maande het die uitgewers laat weet dis te bruingebonde en dit afgekeur. Ek het die manuskrip 20 jaar gebêre, toe weer probeer, en dit het in 2005 verskyn as my debuut, Kroes. 

Het jy ’n gunstelingboek wat jy wens jy geskryf het?

Al Barbara Kingsolver se boeke, Gerard Scholtz se Lig Wankelend, Amy Tan se The Bonesetter’s Daughter en The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society deur Mary Ann Shaffer en Annie Barrows.

Foto's: Brenda Veldtman, Antonia Steyn, Frieda le Roux

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!