Die akteur Jack Dylan Grazer.
Die akteur Jack Dylan Grazer. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Sy styl haal die voorblaaie

Gekleurde naels, kleurvolle hemde en kortbroeke saam met funky tekkies . . . Jack se byna 5 miljoen followers op Instagram én modetydskrifte kan nie genoeg kry van sy quirky skaterboy-voorkoms nie.

Die jong akteur het al in baie groot modetydskrifte gepryk – van Amerika tot in Spanje en Duitsland.

Hy is mal oor musiek, nes ons!

Musiek is een van Jack se groot liefdes. “Dis alles! Ek word baie maklik deur musiek beïnvloed,” sê hy.

Hy het so amper nie ’n akteur geword nie. “Ek wou ’n rockster word, maar nou sal dit seker makliker wees om ’n rockster in ’n fliek te speel.”

Hy verkies ou tegnologie

Vir Jack is ou tegnologie die beste.

Hy kan nie leef sonder sy wit draadoorfone nie. “My ma skel my gereeld wanneer ons in die kar is, want ek luister musiek en sy kan die klank hoor.”

Hy gebruik dit elke dag. “Wanneer ek my huiswerk doen, sit ek dit aan en draai die musiek vol oop.”

Hy verkies sy gewone oues bo nuwe draadlose oorfone. “Dis beter en harder as AirPods.”

Jack gaan ook nêrens sonder sy skaatsplank nie. “Ek het vir my 17de verjaardag ’n nuwe een gekry en dit ry baie goed. Maar niks is beter as die heel eerste bord wat ek destyds in Madrid gekry het nie,” vertel hy.

Ongelukkig het hulle dit by sy skool gesteel.

Hy maak tyd vir sy aanhangers

Jack is die vriendelikheid vanself en verras gereeld sy aanhangers op Instagram en doen video-oproepe met hulle. Hy deel ook sy oupa Jack Lafever se lewenslesse op Instagram.

In sy videoreeks Grandpa’s Tales luister hy na sy oupa se raad oor als van boelies tot wat jy kan leer uit die keuses wat jy maak.

“Ek het altyd geweet my oupa is ’n wyse man, maar die kennis wat hy dié week deel, kan jou lewe verander,” skryf Jack oor een van hul jongste video’s.

Hy is baie nederig

Jack se voete is plat op die aarde.

Hy “haat” dit om homself in flieks of in televisiereekse te sien. “Ek is nie skaam daaroor nie, maar dit laat my cringe,” bieg hy. “Ek haat hoe my mond beweeg,” sê hy oor van sy rolle in sy eerste flieks.

Maar dit skrik duidelik nie sy miljoene aanhangers – of ons – enigsins af nie.

Bronne: NME.com, GQ, Esquire
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.