Die fliek is onder meer in die omgewing van Uniondale, Worcester, Plettenbergbaai en Knysna geskiet. 

Dit vertel die verhaal van Benjamin, ’n seun wat deur Fiela Komoetie gevind en as haar eie grootgemaak word. 

wayne smith,fiela se kind
Wayne sê hy het ’n persoonlike innerlike reis met sy karakter onderneem. Foto: Fathom Media

Die akteur Wayne Smith, wat die rol van Benjamin vertolk, sê: “Benjamin se uithouvermoë en vasberadenheid het my geïnspireer. Ek kan ook met sy sterk temas van identiteit en verlies identifiseer.” 

“Ek het die boek weer gelees en dit as verwysing hersien terwyl ek die karakter geskep het.”

wayne smith,melissa willering,fiela se kind
By hom is die aktrise Melissa Willering, wat Nina van Rooyen speel. Foto: Fathom Media

“Hierdie weergawe van die storie moet egter nie gesien word as 'n remake nie, maar eerder 'n herinterpretasie,” voeg hy by.

Dis sy eerste groot fliekrol en hy sien dit as ’n reusevoorreg om die karakter sy eie te maak. 

zenobia kloppers,aktrise,fiela se kind
Die ma­triarg Fiela word deur Zenobia Kloppers gespeel. Foto: Fathom Media

“Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om gekies te wees vir so groot rol. Fiela se Kind is ‘n tydlose Suid-Afrikaanse verhaal wat in baie mense se harte gekoester word.”

“Dit was vir my as akteur terselfdertyd angswekkend en onbeskryflik opwindend om Benjamin te speel.”