DIE STORIE

Dis die verhaal van ’n vreeslose jong vrou, Hua Mulan, wat haarself as ’n man vermom sodat sy haar beseerde pa in die Chinese keiserlike leër kan vervang. Die keiser van China roep een man in elke gesin op om deel van die weermag te word om die land teen invallers te beskerm. Mulan word dan een van die beste soldate wat China nóg gesien het.

DIE VROU AGTER MULAN

Die Chinese aktrise Liu Yifei (33), wat in die fliek The Forbidden Kingdom te sien was, het ná ’n jaar lange oudisieproses stof in die oë van “duisende” aktrises geskop om die titelrol van Mulan los te slaan.

Liu Yifei as Hua Mulan. Foto: The Walt Disney Stud
Liu Yifei as Hua Mulan. Foto: The Walt Disney Studios

“Wat van Mulan uitstaan, is haar gees,” sê die vervaardiger, Jason Reed. “Hoewel sy ’n vrou en Chinees is, kon ek my wat my grootwordjare betref met haar stryd vereenselwig. Hoe doen jy wat reg is? Hoe pas jy in en hoe vind jy jou plek?”

Liu Yifei het almal op stel geïnspireer met haar vaardigheid, sê die regisseur, Niki Caro. “Sy is ’n bekwame gevegskunstenaar. Sy kan ’n swaard swaai. Sy is ’n briljante aktrise. En asof dit nie genoeg is nie, kan die meisie sing. Sy is regtig die enigste een wat ooit Mulan kon speel.”

DIE KAMERAS ROL

Die fliek is in Nieu-Seeland en China geskiet. Die kameras het in Augustus 2018 in Auckland begin rol. “Ons het 900 mense na die Ahuriri-vallei in Canterbury geneem vir ’n epiese geveg,” sê Niki.

Chinese dinasties, soos die Tang-dinastie wat China van 618 tot 907 regeer het, het die stelle, uitrustings, wapens en argitektuur geïnspireer. Sowat 4 000 wapens is geskep. Twee modelle is gemaak van Mulan se pa se swaard waarmee sy veg – een vir nabyskote en ’n ligter een. “Die staalswaard het sowat 5 kg geweeg, so dit was te swaar vir Liu Yifei om vir gevegstonele te gebruik, terwyl die kopie sowat 300 g geweeg het, en sy kon dit rondswaai,” sê die wapenmeester Joe Dunckley.

Die fliek is in Nieu-Seeland en China geskiet. Fot
Die fliek is in Nieu-Seeland en China geskiet. Foto: The Walt Disney Studios

Die aktrise se weermagpak is rooi. “Rooi is ’n ikoniese kleur in China,” sê Niki. “Dis die kleur van vuur, maar verteenwoordig ook vreugde.

DIE LEIERS EN BOOSWIGTE

Die aksiester Donnie Yen vertolk kommandeur Tung, die leier van die bataljon waarin Mulan is. Hy is ook ’n mentor en pafiguur vir haar. Donnie het by die rolverdeling aangesluit oor sy dogter so ’n groot Mulan-aanhanger is. Sy’t die animasiefliek al meer as 100 keer gekyk.

 Donnie Yen speel ’n bevelvoerder. Foto: The Walt
Donnie Yen speel ’n bevelvoerder. Foto: The Walt Disney Studios

Die kungfu-ster Jet Li sê sy jonger dogter het hom ook geïnspireer om deel van die fliek te word. Hy klim in die skoene van die keiser. Die kostuumontwerper Bina Daigeler het Singapoer toe gereis vir sy eerste aanpassessie.

Jet Li is die keiser. Foto: The Walt Disney Studio
Jet Li is die keiser. Foto: The Walt Disney Studios

“Sy dogters was daar; hulle het al die uitrustings goedgekeur en was opgewonde om hom as die keiser te sien,” sê sy. Jason Lee Scott speel die skurk Böri Khan. Sy “geheime wapen” is die magtige heks Xianniang (die Memoirs of a Geisha-ster Gong Li). 

Gong Li is die heks Xianniang. Foto: The Walt Disn
Gong Li is die heks Xianniang. Foto: The Walt Disney Studios

Die syfers
  • 40 mense het oor drie maande aan die kostuums gewerk.
  • 281 stelle Chinese weermagwapenrustings is gemaak.
  • 1 000+ kostuums is ontwerp.
  • 1 104 kopbedekkings is gemaak.
  • 1 114 uitrustings is vir die ekstras ontwerp.
  • R3,4 mjd. Die fliek se begroting.

Bron: The Walt Disney Studios