Onder hulle is die Arendsvlei-akteurs Danny Ross en Quanita Adams, die gewese 7de Laan-aktrise Vinette Ebrahim en die Erfsondes-ster Mortimer Williams, wat weer op die been is nadat hy onlangs in ’n skietery in Melville gewond is. 

vinette ebrahim,june van merch,barakat
Die veteraan-aktrises Vinette Ebrahim (links) en June van Merch. Foto: Instagram/@quanitadams
danny ross,akteur,barakat
Danny in ’n ligte luim. Foto: Lindsey Appolis

Die kameras het in Januarie in Athlone en Lansdowne in Kaapstad begin rol. 

danny ross,keeno-lee hector,barakat
Danny saam met Keeno-Lee Hector, wat ook Quanita se man in die dramareeks Sara se geheim speel. Foto: Instagram/@i_am_dannyross
bonnie mbuli,quanita adams,barakat
Bonnie Mbuli (regs) het op Instagram vertel dis ’n groot eer om saam met Quanita Adams te werk. Foto: Instagram/@bonniembuli

Barakat gaan oor ’n Moslemfamilie wat nie die dood van hul pa verwerk het nie en speel in die heilige maand Ramadaan af. 

View this post on Instagram

Barakat: Day 5. “That car is hideous.” (Welcome to set, @bonniembuli and @quanitadams!) ?? @zaheer_banderker

A post shared by Barakat Film (@barakatfilm) on

“Die familie treur deur hul frustrasies op mekaar uit te haal,” sê Ephraim Gordon, medeskrywer en vervaardiger van Barakat.

Barakat is Paperjet Films wat deur Ephraim Gordon en Amy Jephta besit word se eerste fliek. Amy behartig ook die regie van die fliek. 


Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.