Dis in 'n neutedop die storielyn van die nuwe rolprent Wonderlus deur Johan Cronjé. Edwin van der Walt, Mila Guy en Lea Vivier is in die hoofrolle te sien.

En hoewel Edwin se karakter, Pieter, vry met 'n wildvreemdeling, sê hy die vervaardiging van hierdie rolprent het 'n baie groot en persoonlike impak op al die akteurs gehad, selfs lank nadat die rolprent verfilm is.

Vir Edwin het dit nuwe liefde beteken.

Hy en die aktrise Ansu Visser het mekaar op die stel van Wonderlus ontmoet en is deeesdae in 'n verhouding.

“Die liefde het eers ná die verfilming begin,” sê hy.

“Jy bring op die stel van so 'n rolprent baie tyd deur met verskeie mense. Ons het mekaar so leer ken en ná die tyd nog kontak gehou.”

Ansu vertolk die rol van Elsa, een van die strooimeisies op die troue.

Edwin, oorspronklik van die Kaap, het ook onlangs Johannesburg toe getrek, waar Ansu bly.

“Ek het die skuif gemaak omdat ek myself met sekere van my vriende wou omring en gereed was vir verandering.”

Oor die rolprent sê Edwin dit is nog een van die eerlikste stories wat hy al beleef het.

“Dit gaan jou terrugruk na die realiteit.

“Niks is ooit so prokiesagtig soos wat jy dink nie, en soms moet daar logiese besluite geneem word.

“Ek was baie kwaad vir my karakter toe ek die teks die eerste keer lees, maar daarna het ek besef hy het eindelik die regte keuse gemaak.”

Niks is soos dit voorkom op die oppervlak van hierdie merkwaardige rolprent nie, en kykers gaan dronkgeslaan wees as hulle saam met die karakters die vorige aand se gebeure herbesoek.

Die rolprent sal ook by Stellenbosch se Woordfees te sien wees.

Dit begin amptelik op 27 April in teaters.

Kyk hier na die lokprent: