Pas klaar geskiet


VERGEET MY NIE

Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite
Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite van Eeden) vertolk die hoofrolle

Huisgenoot en kykNET se tweede rolprent, Vergeet My Nie, is pas klaar verfilm. Die fliekspan het die afgelope twee maande van Johannesburg na Potchefstroom, Kaapstad, Namibië en selfs Londen gereis.

Die inspirasie vir die fliek is Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, se ware liefdesverhaal. Dis propvol drama, humor en romanse.

Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite van Eeden) het mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet, maar soos die noodlot dit wou hê later in dieselfde kommune in Londen, Huis Konettie, beland. En hier het die liefde geblom.

Kykers sal boonop met talle ander kleurryke inwoners van Huis Konnetie kennismaak. Daar is die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die opstandige Nicky (Elani Dekker), die vrygees Lara (Kenley Swart), die immer aanpasbare Thea (Amalia Uys), asook Stephanie (Leché Joubert) en Albert (Rikus Strauss).

Die fliekspan het die afgelope twee maande van Joh
Die fliekspan het die afgelope twee maande van Johannesburg na Potchefstroom, Kaapstad, Namibië en selfs Londen gereis.
Daar is die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die o
Daar is die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die opstandige Nicky (Elani Dekker), die vrygees Lara (Kenley Swart), die immer aanpasbare Thea (Amalia Uys), asook Stephanie (Leché Joubert) en Albert (Rikus Strauss).
Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite
Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite van Eeden) het mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet, maar soos die noodlot dit wou hê later in dieselfde kommune in Londen, Huis Konettie, beland.

Maar ná hul Londense romanse keer Mardaleen terug na Kaapstad vir haar loopbaan en Hugo gaan boer in Namibië. En al wil Hugo vir Mardaleen op die plaas hê, bly sy aan die stadslewe vasklou . . .

Vergeet My Nie begin op 14 Februarie 2020.

Amper op die silwerdoek

ANDER MENS

Daniël (Bennie Fourie) word deur sy vrou verlaat vir ’n ander man: hul huweliksberader, Schalk (Tim Theron).

In ’n poging om sy naam in ere te ­herstel vermoor die saai Daniël per ongeluk vir Schalk. Dan ontdek hy sy werkgewer by ’n konstruksiemaatskappy, Frank Redelinghuys (Frank Opperman), is ’n misdaadbaas.

Frank bied aan om Daniël te help om van die lyk ontslae te raak.

Maar kort voor lank staan lt. Erica Kruger (Marlee van der Merwe) van die polisie voor sy deur.

Daniël (Bennie Fourie) word deur sy vrou verlaat v
Daniël (Bennie Fourie) word deur sy vrou verlaat vir ’n ander man: hul huweliksberader

Begin op 23 Augustus.

FIELA SE KIND

Ná 31 jaar verskyn Dalene Matthee se bekroonde roman in ’n nuwe fliekweergawe op die grootskerm. Fiela Se Kind is onder meer in die omgewing van Uniondale en Knysna geskiet.

Dit vertel die verhaal van ’n wit seun, Benjamin (Wayne Smith), wat in die apartheidsjare deur ’n bruin vrou, Fiela Komoetie (Zenobia Kloppers), ontdek word. Fiela maak Benjamin dan as haar eie kind groot.

Melissa Willering vertolk die rol van die eiesinnige boskind Nina.

Begin op 13 September.

DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER

Hierdie rolprent is gegrond op die boek deur die fliekmaker en skrywer Brett Michael Innes.

Dit vertel die volkslegende van die fiktiewe De Beer-gesin wat in die 1800’s skuiling soek op die Lunts-egpaar se Oos-Vrystaatse plaas nadat hul ossewa gebreek het.

Dis winter en in ’n sneeustorm dwaal Racheltjie (Zonika de Vries) en haar boetie, Jamie (Johannes Jordaan), weg van hul mense en verdwaal.

Dis winter en in ’n sneeustorm dwaal Racheltjie (Z
Dis winter en in ’n sneeustorm dwaal Racheltjie (Zonika de Vries) en haar boetie, Jamie (Johannes Jordaan), weg van hul mense en verdwaal.

Begin op 18 Oktober.

GRIEKWASTAD

Dié fliek beeld die ware verhaal uit van die moorde op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad toe Don Steenkamp in 2012 sy pa, Deon, ma, Christel, en suster, Marthella, doodgeskiet het.

Die Hollywoodster Arnold Vosloo vertolk die rol van die ondersoekbeampte in die saak, kol. Dick de Waal. Die rolprent se première is op vanjaar se kyk­NET Silwerskermfees.

Die Hollywoodster Arnold Vosloo vertolk die rol va
Die Hollywoodster Arnold Vosloo vertolk die rol van die ondersoekbeampte in die saak, kol. Dick de Waal.

Die amptelike uitreikings­datum sal binnekort aan­gekondig word.


FLATLAND

Dié kontemporêre Wilde Weste-­fliek handel oor die ontdekkingsreis van drie vroue, Natalie (Nicole Fortuin), Poppie (Izel Bezuidenhout) en kapt. Beauty (Faith Baloyi), wat elkeen in hul eie omstandighede vasgevang is.

’n Voorval op Natalie se huweliksnag lei tot ’n vlug te perd deur die koue Karoolandskap. Wat volg, is ’n reeks voorvalle wat die soeklig op kwessies soos seksisme en geweld laat val. Die draaiboek en regie is deur Jenna Bass.

Natalie (Nicole Fortuin) en Poppie (Izel Bezuidenh
Natalie (Nicole Fortuin) en Poppie (Izel Bezuidenhout)

Flatland is op die Silwer­skermfees en later in teaters te sien.

Stroom dit nou


Ellen: DIE ELLEN PAKKIES- STORIE

Regisseur: Daryne Joshua. 16DTG.
Van 24 Augustus op Showmax.

Die verhaal van Ellen Pakkies wat in 2007 haar dwelmslaafseun, Abie (20), uit radeloosheid dood­gemaak het, is op die silwerdoek verwerk.

Jarrid Geduld en Jill ­Levenberg is op verlede jaar se kykNET Silwerskermfees bekroon as beste akteur en aktrise vir hul vertolking van Abie en ­Ellen.

Ook met Elton Landrew en Clint Brink.

Jill ­Levenberg
Jill ­Levenberg


STROOMOP

Regisseur: Ivan Botha. O13.
Van 12 Augustus op Showmax.

Donnalee Roberts en Ivan Botha se fliek handel oor vyf uiteenlopende vroue wat elkeen met hul eie demone worstel.

Die vroue ontmoet mekaar in ’n selfhelpgroep wat as deel van hul terapie ’n vyf dae lange vaart op die Oranjerivier onderneem. Op die rivier word hulle met kwessies van lewe of dood gekonfronteer wat hulle dwing om hul pyn te verwerk.

Ook met Ilse Klink en Simoné Nortmann.

Kyk wat kom nog


SEMI-SOET 2

Die vervaardigers van die 2012-fliek Semi-soet het onlangs aangekondig ’n opvolg vir dié romantiese komedie word binnekort verfilm.

Die eerste fliek, met Nico Panagio en Anel Alexander in die hoofrolle, was ’n treffer by die loket.

Die regisseur van die rolprent moet nog be­vestig word en die storielyn is steeds ’n groot geheim, maar die tweede fliek sal veral op familie fokus.

nel en Nico sal weer te sien wees, tesame met Diaa
nel en Nico sal weer te sien wees, tesame met Diaan Lawrenson, Louw Venter, Paul du Toit en Sandra Vaughn.

Anel en Nico sal weer te sien wees, tesame met Diaan Lawrenson, Louw Venter, Paul du Toit en Sandra Vaughn.


TOORBOS

Die rolprent is geskoei op die roman deur Dalene Matthee. Die verhaal speel in die 1930’s af in die Knysnabos.

Dit volg die wel en wee van Karoliena Kapp (Elani Dekker), wat as alleenkind in die bos grootword. Sy trou met Johannes (Stiaan Smith), en terwyl sy haar plek as dorpsvrou vol staan, kom sy tot die besef dat sy haar ware self ontken.

In ’n soeke na vryheid vlug sy terug na die bos.

René van Rooyen (Hollywood in My Huis) het die draaiboek verwerk en sit in die regisseurstoel.

Toorbos is op die Silwerskermfees te sien en sal in Januarie 2020 in teaters begin.


POPPIE NONGENA

Clementine Mosimane vertolk die rol van Poppie, wa
Clementine Mosimane vertolk die rol van Poppie, wat haar plek in apartheid-Suid-Afrika probeer beding.

Dis die fliekweergawe van Elsa Joubert se roman Die Swerfjare van Poppie Nongena. Die regisseur is Christiaan Olwagen (Die Seemeeu en Kanarie).

Dit handel oor ’n Afrikaans­sprekende Xhosavrou wat probeer om vir haar familie stabiliteit te gee in ’n tyd dat swart mense gedwing is om in tuislande te woon.

Clementine Mosimane vertolk die rol van Poppie, wat haar plek in apartheid-Suid-Afrika probeer beding. Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais is ook in die rolverdeling.

Die fliek begin op 30 Januarie 2020.

FOTO'S: MISHA JORDAAN, STARBURST_PROMOTIONS, BRITTLE STAR PICTURES, HELENA SPRING FILMS, PROPER FILM, THE FILM FACTORY, NU METRO, INSTAGRAM/@KENLEY_SWART
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.