Dié glansryke toekenningsaand, aangebied deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Amerika, is in 1929 vir die eerste keer gehou en sedertdien het die Oscar-beeldjie die mees gesogte van sy soort geraak. 

Flieks met die meeste benoemings

Die flieks All About Eve (1950), Titanic (1997) en La La Land (2016) het almal 14 benoemings ontvang.

Die lokettreffer en tranetrekker Titanic, met Leonardo DiCaprio en Kate Winslet in die hoofrolle, het egter 11 van sy 14 gewen en die ander twee het ses elk. 

The Lord of the Rings: The Return of the King (2003) hou ook ’n rekord: Dit is vir 11 Oscars benoem en het elke afdeling gewen waarin dit benoem is. Hieronder was die toekenning vir beste fliek.

Die historiese dramaprent Ben-Hur (1959) het ook 11 uit 12 benoemings gewen. 

Dan is daar ook flieks soos The Turning Point (1977) en The Color Purple (1985) wat ook albei vir 11 Oscars benoem is, maar niks gewen het nie. Meer onlangs was dit True Grit (2010) en die sterbelaaide American Hustle (2013), met onder meer Bradley Cooper en Christian Bale, wat albei vir tien Oscars benoem is, maar geen gewen het nie. 

Persone met die meeste Oscars en benoemings

Walt Disney is 59 keer benoem en het 22 Oscars gewen, asook ’n bykomende vier ere-Oscars. Foto: Getty Images
Die legendariese kostuumontwerper Edith Head het agt gewen – die meeste vir ’n vrou en in dié afdeling. Foto: Getty Images

Akteur en aktrise met die meeste benoemings

Meryl Streep het in 2018 haar 21ste benoeming vir The Post ontvang – wat haar kop en skouers bo die res plaas.
Jack Nicholson is die akteur met die meeste benoemings, naamlik 12. Foto: Getty Images

Meeste Oscars gewen

Katharine Hepburn is die suksesvolste wenner in Oscar-geskiedenis met vier Oscars. Foto: Getty Images

Daarna volg Jack Nicholson, Meryl Streep, Daniel Day-Lewis, Ingrid Bergman en Walter Brennan elk met drie Oscars. 

Jack Nicholson. Foto: Getty Images
Meryl Streep. Foto: Getty Images
Walter Brennan. Foto: Getty Images
Daniel Day-Lewis. Foto: Getty Images

Daniel Day-Lewis is die enigste wat al drie syne vir hoofrolle gewen het (uit ses benoemings), naamlik vir My Left Foot (1989), There Will Be Blood (2007) en Lincoln (2012)  

Jongste akteur en aktrise om ’n Oscar te wen

Adrien Brody het op 29 die goue beeldjie gewen vir sy rol in The Pianist (2002). Foto: Getty Images
Tatum O'Neal het in 1974 op tien-jarige ouderdom haar Oscar gewen vir haar rol in Paper Moon.

Nog ’n eerste

Hattie McDaniel was die eerste swart persoon om ’n Oscar te wen, as beste vroulike byspeler, in Gone with the Wind in 1950.
Sidney Poitier was die eerste swart persoon om te wen vir ’n hoofrol vir Lilies of the Field (1963). Foto: Getty Images

Oscar vir beste kinematografie

Roger Deakins. Foto: Getty Images
Emmanuel Lubezki. Foto: Getty Images

’n Groot teer punt by die Oscars was altyd Roger Deakins wat deur baie as die beste kinematograaf van alle tye geag word, maar vir jare lank oor die hoof gesien is. Hy het uiteindelik in 2017 die gesogte goue beeldjie vir sy grensverskuiwende werk in Blade Runner 2049 gewen ná hy vir die 14de keer benoem is.

Die Oscar in dié afdeling was voor dit vir drie jaar in ’n ry aan sy tydgenoot Emmanuel Lubezki gegee. Hul voorgangers Joseph Ruttenberg en Leon Shamroy hou die rekord met vier Oscars elk.

Nog syfers

  • 1 5323 vierkante meter se matte word jaarliks ingespan om die lang rooitapyte te vorm.
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Fotograwe werk tydens die aand die ekwivalent van 1 000 uur.
  • In 2015 reeds is daar al meer as 80 000 foto’s deur die loop van die aand geneem.
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Dit duur ongeveer 120 sekondes vir ’n foto om van die fotograaf se kamera tot op nuusdienste soos Getty en Reuters se webwerwe te kom. 
  • Die deursneefotograaf neem maklik 80 foto’s per minuut op so ’n aand. 
Cate Blanchett by die Oscars. Sy is een van ses vroue wat al ’n Oscar vir beste aktrise en een vir beste vroulike byspeler gewen het. Foto: Getty Images
  • 3 300 sitplekke sal op Oscar-aand in die Dolby-teater in Los Angeles gevul word, waar die seremonie gehou word. 
Die Dolby-teater in Los Angeles. Foto: Getty Images
  • Ongeveer 700 limousines sal dié aand voor die teater stilhou. 

Bronne: Oscars.com, Getty Images, Wikipedia, Statista