1.

Wesens gaan oor vier agente van die Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens wat ’n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ’n boer se plaas in die Karoo geland het.

2.

Die fliek volg die “found footage”-metode wat gewild gemaak is deur Hollywoodflieks soos The Blair Witch Project (1999) en Cloverfield (2008).

Kykers neem die aksie waar deur die lens van die karakters op die skerm.

3.

Die rolverdeling wemel van bekende gesigte. Die Alles Malan-akteur Albert Maritz is te sien as Sakkie Haarhoff, die boer op wie se plaas die vreemde voorwerp land.

Albert Maritz is te sien as Sakkie Haarhoff, op wi
Albert Maritz is te sien as Sakkie Haarhoff, op wie se plaas die vreemde voorwerp land. Foto: Ambassadeur


Morné Visser van Dis ek, Anna is te sien as maj. Martinus Viljoen, die hoof van die ondersoekspan, terwyl die Boekklub-ster Pietie Beyers die rol van die wapeningenieur Pieter Kuiper Albertyn vertolk.

Die dinamika tussen die majoor en Pieter sorg vir groot drama.

4.

Anders as tradisionele “found footage”-flieks gebruik Wesens geen skoktegniek nie.

Die stemkunstenaar Pierre Nelson as konstabel Jan-
Die stemkunstenaar Pierre Nelson as konstabel Jan-Hendrik Botha. Foto: Ambassadeur

“Dis eerder ’n raaisel wat kykers probeer oplos, maar eers in die laaste oomblikke word alles werklik vir almal verduidelik,” sê Derick Muller, die skrywer en regisseur.

5.

Sy vrou, Karin, is die medevervaardiger. Die idee het ontstaan toe hulle ’n kamera by ’n oudhedewinkel op Ceres gekoop het.

“Daar was ou filmrolle uit die 1960’s, en omdat ons nie ’n projektor gehad het nie, het ons verbeelding op loop gegaan oor wat daarop kan wees,” vertel Derick.

Eindelik het dít tot die draaiboek gelei.

6.

Derick het die draaiboek geskryf nadat hy teruggekeer het van die VSA, waar hy sy M.B.A.-graad aan die Yale-universiteit verwerf het. Karin het dit op ’n sakevlug na China gelees.

Toe sy land, het sy Derick dadelik gebel en gesê dis ’n fliek wat hulle móét vervaardig.

Pietie Beyers as die wapeningenieur Pieter Kuiper
Pietie Beyers as die wapeningenieur Pieter Kuiper Albertyn. Foto: Ambassadeur

7.

Jan Rabie se boek Die hemelblom het Derick die idee gegee vir ’n wetenskapsfiksiefliek in die Karoo.

“Daar is iets in die aardsheid van die landskap wat in teenstelling is met alles wat ons van wetenskapsfiksie verwag, en om die een of ander rede werk dié kontras,” sê Derick.

8.

Die fliek is voor die inperking op ’n plaas in die Oubergpas in die Wes-Kaap geskiet.

Daar was geen water, elektrisiteit of selfoonsein nie, en dit het die verfilming lekker uitdagend gemaak, vertel Derick.

Derick Muller en sy vrou, Karin, is die skeppers e
Derick Muller en sy vrou, Karin, is die skeppers en vervaardigers van Wesens, ’n wetenskapsfiksiefliek. Foto: Ambassadeur
Derick Muller en sy vrou, Karin, is die skeppers e
Derick Muller en sy vrou, Karin, is die skeppers en vervaardigers van Wesens, ’n wetenskapsfiksiefliek. Foto: Ambassadeur

9.

Die twee het Wesens in Oktober verlede jaar self uitgereik.

“Dit het beteken ons moes self al die teaters, televisiekanale en digitale verspreiders bel. Om die fliek te maak was ’n projek en ’n half op sy eie, maar om dit te versprei is nog meer werk,” sê hy.

10.

Moeder Natuur het saamgespeel en vir ’n naelbytoomblik gesorg.

“Tom Purcell, ons kameraman, was besig om sy kamera op te stel toe hy skielik iets vinnig sien nader kom – ’n giftige bergadder wat wou kom inloer op die stel,” vertel Derick.

“Ná ’n paar wilde bokspringe is die kamera geskuif en iemand aangestel om uit te kyk vir ons ‘gas’. Met die son aan die sak moes ons die laaste skoot probeer kry met adrenalien wat nog pomp.”

2020. 87 MIN. 13 NGT. BESKIKBAAR OP DSTV BOX OFFICE

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.