Op 7 September word die fliek Ellen – Die Ellen Pakkies-storie landwyd in teaters uitgereik. 

Dit is die ware verhaal van Ellen Pakkies, wat in 2007 haar seun Abie (toe 20), ’n tikverslaafde, om die lewe gebring het nadat die dwelms hom gedryf het om afgryslike dinge te doen.

Die regisseur Daryne ­Joshua (links) ondersteun Jarrid Geduld tydens ’n toneel. Foto: Lindsey Appolis

Vir sy rol het Jarrid sowat 13 kg afgeskud.

“Ek het baie kardio gedoen om so klein moontlik te word. Dit was vir my belangrik om te verstaan wie Abie was voor en nadat hy ’n dwelmverslawing ontwikkel het.”

Jill saam met die regte Ellen Pakkies. Ellen woon steeds in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte, waar die voorval plaasgevind het. Foto: Lindsey Appolis

Dit was veral ’n uitdaging omdat hy nie self met Abie kon praat en sy raad vra nie.

“Ek het met Ellen en ­Odneal (Abie se ouers) en van Abie se vriende gesels om verskillende insette oor hom te kry.”

Elton Landrew speel Abie se pa, Odneal Pakkies. Foto: Lindsey Appolis

Hy wou Abie nie net as ’n monster uitbeeld nie, maar ook wys hy was voor sy verslawing ’n normale kind.