Elton se halfbroer Geoff Dwight het aan die Britse koerant Daily Mail gesê hy is nie gelukkig daarmee dat sy pa, Stanley Dwight, in die fliek as ’n monster uitgebeeld word nie.

View this post on Instagram

Loving my shows across Europe ?? Each country has been a blast and I can’t wait for more in Italy tonight! #tourdiary #EltonFarewellTour ??: @bengibsonphoto

A post shared by Elton John (@eltonjohn) on

“Dit is nie die pa wat ek onthou nie,” sê Geoff, wat een van Stanley se vier seuns uit sy tweede huwelik is. 

“Pa het ’n groot hart gehad en ons almal ewe liefgehad. Hy was ongelooflik trots op Elton en alles wat hy bereik het.”

In die fliek word daarop gesinspeel dat Stanley nie juis liefdevol teenoor Elton was nie, en in een hartverskeurende toneel vra Elton (gespeel deur die 29-jarige akteur Taron Egerton) vir sy pa ’n drukkie, waarop Stanley (gespeel deur Steven Mackintosh) laat hoor: “Moenie so sag wees nie.”

Geoff hou vol dit is nie die pa waarmee hulle grootgeword het nie. 

“Hy was ’n produk van ’n tydperk toe mans nie vir mekaar drukkies gegee en elke minuut van die dag hul gevoelens gewys het nie, maar het baie liefde vir ons almal gehad.”

En hoewel Geoff toegee dat sy pa hom dalk nie die volle waarheid oor sy beroemde broer vertel het nie, dink hy nie dis waarskynlik nie. 

“Pa kon my dalk ’n spul leuens oor sy verhouding met Elton vertel het. Maar soos ek my pa geken het, betwyfel ek dit. Hy het nooit oor enigiets gejok nie en ek en hy was baie geheg aan mekaar.”

Bronne: Daily Mail.co.uk,People.com