Vin (52), wat Dominic Toretto in die rolprente speel, is glo “huilerig” en “totaal geskok” nadat hy gesien het hoe Joe van ’n balkon af val en op sy kop beland. 

Verfilming is onmiddellik gestaak en die akteurs en stelwerkers, wat “die ergste gevrees het”, is huis toe gestuur, terwyl die waaghals per lugambulans na ’n hospitaal geneem is. 

“Hy het minstens 10 m geval – dalk ’n bietjie meer. Vin Diesel is sekondes later op die stel gesien. Hy het glo asvaal gelyk, totaal geskok, en het aan sy trane gesluk. Hy het gesien wat gebeur het.”

View this post on Instagram

Happy Toretto Tuesday... #Fast9 2020

A post shared by Vin Diesel (@vindiesel) on

Jason Statham (52), wat Deckard Shaw in die rolprentreeks speel, het later oor die voorval gepraat en waaghalse as die onbesonge helde van aksierolprente geloof.

“Dis ’n onvoorspelbare wetenskap. Dis regtig net ’n jammerte dat ongelukke gebeur,” het hy aan die nuusagentskap Extra TV gesê. 

“Op die stel was en is die waaghalse my hele loopbaan lank die mense met wie ek die beste verhoudings het, en die meeste pret wat ek nog op ’n stel gehad het, was altyd saam met die waaghalse. Hulle stel hulself bloot om ander mense te laat goed lyk sonder om enigiets terug te kry.”

ANDER KERE DAT WAAGHALSE HUL LEWE IN GEVAAR GESTEL HET 

Harry Potter and the Deathly Hallows: Part 1 (2010) 

Daniel Radcliffe (30) se dubbelganger David Holmes is verlam toe hy ’n muur getref het terwyl hy ’n vliegtoneel verfilm het. 

David (toe 28) is nou ’n tetrapleeg, wat basies beteken sy bene en arms is verlam. 

Fury (2014) 

Brad Pitt (55) se Tweede Wêreldoorlog-rolprent het die nuus gehaal toe ’n waaghals tydens verfilming per ongeluk met ’n bajonet gesteek is. 

Die 35-jarige waaghals is dadelik ná die voorval na ’n hospitaal gehaas en het oorleef.

Resident Evil: The Final Chapter (2016) 

Die Suid-Afrikaanse waaghals Olivia Jackson (35) is ernstig beseer terwyl sy as Milla Jovovich (43) se dubbelganger gewerk het. 

Tydens verfilming het sy met haar motorfiets teen ’n metaalkamera-arm gebots. Dit het haar linkerarm beseer en dit moes afgesit word. 

Deadpool 2 (2018) 

Die waaghals Sequana Joi Harris, ’n voormalige beroepsrenjaer, is dood toe sy in die strate van Vancouver beheer oor haar motorfiets verloor het terwyl sy ’n toneel vir dié aksierolprent met Ryan Reynolds (42) in die hoofrol verfilm het. 

Die waagtoertjie het vereis dat sy nie ’n veiligheidshelm dra nie.

BRONNE: SCREENRANT.COM, EXTRATV.COM, GUARDIAN.COM, DAILYMAIL.CO.UK