E-TV

THE HELP (Drama)

DONDERDAG 8 FEBRUARIE 20:30 2011, 146 MIN, 013T

Jacksonville in Mississippi is tydens die burgerregtebeweging van die 1960's ’n miernes van rassespanning.

Die inwoners is boonop in rep en roer toe ’n aspirantskrywer ’n boek begin skryf wat gegrond is op swart huishulpe se ervarings by die wit gesin vir wie hulle werk. Octavia Spencer en Viola Davis (foto).


E-TV

BLACKHAT (Aksie) 

VRYDAG 9 FEBRUARIE 20:30 2015, 133 MIN, 16GT

’n Kuberterroris kaap ’n kernaanleg in Hongkong en ’n handelsmark in Chicago. ’n FBI-agent stel dan voor hulle span kragte saam met China om die sondaar vas te trek.

Hulle besluit om ’n kaper wat agter tralies is, vry te laat om hulle met die ondersoek te help. Chris Hemsworth, Wei Tang en Holt McCallany (foto).


M-NET

VINCENT N ROXXY (Misdaad) 

VRYDAG 9 FEBRUARIE 02:50 2016, 102 MIN, 16GSNT

’n Rebel en eenkantmens se lewe kruis met dié van ’n gekwelde punkrocker-meisie toe ’n bendelid hardhandig met haar raak.

Hy red haar uit die nood en nooi haar dan na sy tuisdorp op die platteland om daar te herstel van die voorval. Hulle leef heel rustig, tot die verlede kom spook. Zoë Kravitz en Emile Hirsch (foto).


M-NET

FALLEN (Fantasie) 

SATERDAG 10 FEBRUARIE 21:00 2016, 91 MIN, 13GT

’n Jong meisie beland in ’n verbeterskool nadat sy die skuld vir ’n seun se dood gekry het. Sy voel aangetrokke tot ’n medeleerder en ontdek later hy is ’n engel wat al millennia lank op haar verlief is.

Die fliek is gegrond op Lauren Kate se gelyknamige roman. Jeremy Irvine en Addison Timlin (foto), Lola Kirke en Harrison Gilbertson.


E-TV

EX MACHINA (Wetenskapsfiksie) 

SATERDAG 10 FEBRUARIE 21:40 & 02:35. 2015, 108 MIN, 16GSNT

’n Jong programmeerder by ’n groot kuberfirma wen ’n kompetisie om ’n week op die privaat landgoed van sy firma se uitvoerende hoof deur te bring.

Maar daar gekom, ontdek hy hy is gekies om deel te wees van toetse op ’n nuwe robot. Sonoya Mizuno en Alicia Vikander (foto), Domhnall Gleeson en Oscar Isaac.


M-NET

THE MUMMY (Avontuur) 

SONDAG 11 FEBRUARIE 20:05 2017, 110 MIN, 013GT

Nick Morton, wat artefakte in die Midde-Ooste soek, laat per ongeluk ’n Egiptiese prinses vry wat duisende jare onder die woestyn begrawe was.

Die wraaksugtige prinses vervloek hom en dreig om die wêreld in ’n chaos te dompel. Nick moet keer dat sy nog verwoesting in Londen saai. Sofia Boutella (foto) en Tom Cruise.


OOK OP DIE KASSIE

VIA

JY HET ’N WENRESEP!

WOENSDAE OM 18:30

Huisgenoot se bekroonde kosredakteur, Carmen Niehaus (foto), se gewilde program keer terug na die kassie vir ’n sesde seisoen.

In dié kookprogrogram moet hoopvolle kokke alles uithaal om hierdie koskenner met hul gereg te beïndruk.

Gee Carmen hul gereg vyf sterre, word dit in daardie week se uitgawe van Huisgenoot gepubliseer.


SHOWMAX

SNAAKS GENOEG

2016, 90 MIN, 16G

’n Sukkelende komediant swerf van die een dorpie na die ander en vertel grappies in ruil vir kos en verblyf. Dit begin lol toe suksesvolle musikante skielik afgemaai word.

Hy ontdek ’n prokureur sit agter die ontvoerings en moorde, en hul paadjies kruis kort voor lank. Waldemar Schultz, Tobie Cronjé en Robin B. Smith (foto).