'n Kroeg in Krugersdorp, 'n statige huis in die spogbuurt Houghton en 'n troulokaal in Sandton is van die plekke waar tonele vir die fliek geskiet is.

Elani, Rikus en Leché Joubert kuier in Sandton. RE
Elani, Rikus en Leché Joubert kuier in Sandton. Foto: ER Lombard
Rikus Strauss en Elani Dekker gesels op die stel.
Rikus Strauss en Elani Dekker gesels op die stel. Foto: Papi Moroke

Daarna het die akteurs en produksiespan op­gepak en oor 'n tydperk van twee maande ook na Potchefstroom, Kaapstad, Namibië en Londen gereis om die res van die verfilming te voltooi. 

“Dit neem altyd so twee dae op die stel om die res van die rolverdeling en produksiespan te leer ken en gemaklik te raak,” vertel Marguerite van Eeden, wat die hoofrol van Mardaleen Derks vertolk. 

“Dis so lekker om te skiet, want ons is 'n groot ensemble-rolverdeling wat vriende geraak het,” beaam Elani Dekker, wat Nicky speel.

Pietie Beyers in die grimeerstoel. Foto: ER Lombard
Amalia Uys, wat die rol van die immer aanpasbare Thea vertolk, tydens ’n koue aandtoneel. Foto: ER Lombard
 Anine Scheepers (links) wend die aktrise Kenley S
Anine Scheepers (links) wend die aktrise Kenley Swart se grimering aan. Foto: ER Lombard

Die fliek is deur die ware liefdesverhaal van Mardaleen en Hugo Derks (Sean-Marco Vorster) van Gobabis, Namibië, geïnspireer.

Dis propvol drama, humor en romanse. Benewens Mardaleen en Hugo sal kykers ook talle ander kleurryke karakters leer ken.

Daar is die pierewaaier Braam (Arno Greeff), die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die opstandige Nicky (Elani Dekker), die vrygees Lara (Kenley Swart), die immer aanpasbare Thea (Amalia Uys), asook die goue paartjie Stephanie (Leché Joubert) en Albert (Rikus Strauss).

Kenley en Elani poseer vir ’n foto voor hulle vir ’n toneel moet voorberei. Foto: Sharon Seretlo

“Die atmosfeer op die stel is lekker,” het Pietie gedurende die span se tyd in Johannesburg laat hoor. 

Pietie, Elani, Marguerite en Leché agter die skerm
Pietie, Elani, Marguerite en Leché agter die skerms in ’n kroeg in Krugersdorp. Foto: Sharon Seretlo
Elani en Leché in ’n toneel uit die fliek. Foto: S
Elani en Leché in ’n toneel uit die fliek. Foto: Sharon Seretlo

“Al die plekke dra goed tot die storie by. Dinge wat jy nie kan voorspel nie, gebeur maar altyd; een dag waai die wind en een dag reën dit as jy buite wil skiet, maar dan werk die filmspan om dit. En dié is 'n goeie span!”

  • Vergeet my nie is van 14 Februarie volgende jaar op die ­silwerdoek te sien.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.