Die fliek het 12 pryse gewen, onder meer vir beste rolprent, beste draaiboek en beste regisseur.

“Ek kan nie glo ek is benoem nie. Ek het die heeltyd vlinders in my maag gehad,” vertel Clementine Mosimane, wat die naamrol in Poppie Nongena vertolk het, nadat sy met die prys vir beste vrouespeler vereer is. 

clementine mosimane,aktrise
Die aktrise Clementine Mosimane. Foto: Jacques Stander
clementine mosimane,nomsa nene,silwerskermfees
Clementine Mosimane (links) en Nomsa Nene van Poppie Nongena. Foto: Jacques Stander
rolanda marais,aktrise,silwerskermfees
Rolanda Marais. Foto: Corrie Hansen

“Ek is so dankbaar vir die mense wat gedink het my spel in Afrikaans is so goed. My ouma het my Afrikaans leer praat.”

Die veteraanaktrise Nomsa Nene, wat as beste vrouebyspeler bekroon is Poppie se ma.

“My ouma was ook Lena genoem,” vertel sy.

stian bam,akteur,silwerskermfees
Stian Bam het die prys vir beste akteur gewen. Foto: Jacques Stander
regisseur,matthys boshoff
Die regisseur Matthys Boshoff. Foto: Jacques Stander
lee-ann van rooi,aktrise,silwerskermfees
Lee-Ann van Rooi. Foto: Jacques Stander

Nomsa was die eerste swart vrou wat in Afrikaans op die verhoog gespeel het, in die rol van Poppie. 

“Ek is Elsa Joubert baie dankbaar vir hierdie rol wat my lewe oorheers het,” voeg sy by. 

zenobia kloppers,aktrise,silwerskermfees
Zenobia Kloppers, wat in Fiela Se Kind speel. Foto: Jacques Stander
cindy swanepoel,aktrise
Die aktrise Cindy Swanepoel. Foto: Jacques Stander
melissa willering,chiara roodt,fiela se kind
Melissa Willering en Chiara Roodt. Foto: Jacques Stander
wayne smith,akteur
Wayne Smith. Foto: Jacques Stander

“Ek is, nes Clementine, van Soweto, en ons weet hoe dit is as ’n ma jou los om in ander mense se huis te gaan werk en kinders groot te maak. Ek is gedwing om Afrikaans te leer praat op skool, maar ek haat nie Afrikaans nie. Dis ’n Afrikataal wat my loopbaan verhelder het.” 

fiela se kind,silwerskermfees
Die akteurs wat te sien is in die nuwe fliekweergawe van Fiela se Kind. Foto: Jacques Stander

Sy was ook in Afrikaans te sien in die TV-reeks Glaskasteel en Pieter-Dirk Uys se teaterstuk, Die Van Aardes van Grootoor.

“Dit was ’n samewerkingsprojek. Sonder my span sou ek dit nie kon maak nie. Dankie veral vir Chris Gxalaba (wenner as byspeler) wat my kulturele advidseur was,” het Christiaan Olwagen, wat as beste regisseur aangewys is, vertel.

Tim Theron. Foto: Corrie Hansen
Die akteur Arnold Vosloo en Deon Meyer, ’n vervaardiger van Griekwastad. Foto: Corrie Hansen
Die akteurspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts. Foto: Jacques Stander

Die akteur Tobie Cronjé, wat gehore sedert die 1970's op die verhoog, kassie en silwerdoek vermaak, is as die Silwerskermlegende vereer. 

tobie cronjé,akteur
Tobie Cronjé. Foto: Jacques Stander

“Die langerige man, met die langerige bene en die langerige ken... Hy toor,” het die regisseur en aktrise Katinka Heyns haar vriend lof toegeswaai op die fees. 

cintaine schutte,carel nel,silwerskermfees
Die paartjie Cintaine Schutte en Carel Nel. Foto: Jacques Stander
amalia uys,aktrise,vergeet my nie
Amalia Uys, wat vroeg volgende jaar in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet My Nie, te sien sal wees. Foto: Jacques Stander
therese benade,aktrise
Therese Benade. Foto: Jacques Stander
mila guy,beer adriaanse,akteurs
Die paartjie Mila Guy en Beer Adriaanse. Foto: Jacques Stander

En die nederige Tobie se reaksie op dié groot eer? 

“Ag, ek is net bly mense weet nog van my.” 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.