Gr. 8

Die talentvolle aktrise is nou ’n groot Hollywoodster ná haar eerste groot hoofrol in die nuwe fliek Eighth Grade. Haar karakter is Kayla, ’n skaam tienermeisie wat sukkel om by die buitewêreld in te pas.

Papegaaiwerk

Elsie Fisher (15) was die stem van die oulike Agnes in die eerste twee Despicable Me-flieks in 2010 en 2013.

Sy kon met die eerste fliek nog nie lees nie. Die span op die stel moes haar dialoog vir haar voorlees.

"Hulle het die reëls aan my herhaal en vir my gesê hoe hulle wil hê ek dit moet sê. Dan het ek dit soos ’n papegaai herhaal," sê sy en lag.

’n Meesterstuk

Eight Grade is einde Julie in Amerika uitgereik en sal binnekort in Suid-Afrika te sien wees.

Die resensiewebtuiste Rotten Tomatoes het die fliek ’n buitengewone 98% gegee. The New York Times noem dit “ ’n skerp en slim komedie”.

TRAILERS OUT Y’ALL!! Hope you like it :,)

A post shared by Elsie Fisher (@elsiekfisher) on

Skoolkonsert

Nadat sy aan Eight Grade verfilm het, het sy ’n oudisie vir ’n skooltoneelopvoering afgelê, maar sy het nie die rol gekry nie.

Daardie dramaonderwyser is seker baie spyt . . .

Aaaaaand that's a wrap!

A post shared by Elsie Fisher (@elsiekfisher) on

Jong talent

Sy is ontdek toe sy net vier jaar oud was.

Elsie was saam met haar pa, Chris, by ’n jazzklub waar hy gewerk het.

Hy onthou sy het net op die verhoog gespring en begin toneelspeel. "Een van my gereelde klante het toe gesê sy vriend is ’n agent en ek moet haar vir ’n oudisie stuur om ’n aktrise te word," vertel Chris.

Bronne: Seventeen.com, LAtimes.com