Vergeet my Nie se amptelike plakkaat. Die goevoelf
‘Vergeet my nie’ se plakkaat. Die fliek begin op 14 Februarie.

Die fliek is vroeër vanjaar in Potchefstroom, Johannesburg, Kaapstad, Namibië en Londen verfilm.

Dit word deur Huisgenoot en kykNET vervaardig en sal volgende jaar op 14 Februarie landwyd in teaters begin wys.

Die goedvoelfliek is deur die ware liefdesverhaal van Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, geïnspireer – en is propvol drama, humor en romanse. Sean-Marco Vorster speel Hugo en Marguerite van Eeden, wat die hoofrol in Vaselinetjie vertolk het, is Mardaleen.

Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite
Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite van Eeden) vertolk die hoofrolle.

Al het Sean-Marco al ’n rits rolle vertolk – onder meer in die fliek Susters en meer onlangs as Nico in die dramareeks Alles Malan – sal hy nou te sien word in sy eerste hoofrol.

Hy sê dit is die eerste keer dat hy iemand uitbeeld wat regtig lewe.

“Dis nogal senutergend, want die mens bestaan en kyk na jou spel,” verduidelik hy.

Gelukkig kon hy ’n paar ooreenkomste tussen hom en Hugo vind, en hy het Hugo, ’n boer, ontmoet toe die span in Nambië verfilm het. 

Sean Marco, agter die skerms
Sean-Marco en Marguerite by die regte Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis in Namibië. Die Derkse se liefdesverhaal het die fliek Vergeet My Nie geïnspireer.' Foto: Misha Jordaan

Die twee het goed oor die weg gekom en lekker gesels. Nes Hugo skop Sean-Marco sy skoene graag uit. “As ek kan kaalvoet loop, sal ek.”

Boonop het hy vir die rol twee maande lank aan ’n tamaai baard gegroei en voor die kameras begin draai het saam met 'n persoonlike afrigter geoefen om te werk aan sy blokkiesmaag.

Die sterk vrouekarakters wat die aktrise Marguerite van Eeden tot dusver in haar loopbaan gespeel het, inspireer haar – en Mardaleen is geen uitsondering nie.

 “Toe ek haar ontmoet, het ek dadelik besef sy is fenomenaal. Die rol het my laat besef vroue hoef nie terug te staan om dinge in die lewe te vermag en ervaar nie.”

marguerite van eeden,sean-marco vorster,vergeet my
Marguerite van Eeden saam met Sean-­Marco Vorster. Foto: Misha Jordaan
Die fliekspan het die afgelope twee maande van Joh
Die fliekspan het die afgelope twee maande van Johannesburg na Potchefstroom, Kaapstad, Namibië en selfs Londen gereis.

Hugo en Mardaleen het mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet, maar soos die noodlot dit wou hê later in dieselfde kommune in Londen, Huis Konnetie, beland. En hier het die liefde geblom. Maar ná hul Londense romanse keer Mardaleen terug na Kaapstad vir haar loopbaan en Hugo gaan boer in Namibië. En al wil Hugo vir Mardaleen op die plaas hê, bly sy aan die stadslewe vasklou . . .  

HG-fliek
Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië, die wenners van Huis­genoot se tweede liefdesverhaalkompetisie, geniet ’n romantiese weg­breek. Foto: Verskaf.

In die fliek gaan kykers met talle ander kleurryke inwoners van Huis Konnetie kennismaak. Daar is die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die opstandige Nicky (Elani Dekker), die vrygees Lara (Kenley Swart), die immer aanpasbare Thea (Amalia Uys), asook Stephanie (Leché Joubert) en Albert (Rikus Strauss). 

Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite
Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite van Eeden) het mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet, maar soos die noodlot dit wou hê later in dieselfde kommune in Londen, Huis Konettie, beland.