Omdat Hugo en Mardaleen Derks se ware liefdesverhaal in ’n fliek omskep gaan word, het die Pasella-aanbieder Sasha-Lee Davids in die maand van die liefde by hulle in Namibië gaan inloer.

Die onderhoud is op die gasteplaas Otjimbondona Kalahari, suidoos van Windhoek, verfilm en op 13 Februarie uitgesaai. Mardaleen en Hugo het by die gasteplaaseienaars, Wilfried en Anita Slaney, gaan kuier.

Die eienaar van Otjimbondona Kalahari, Wil­fried Slaney (links), by die paartjie en Sasha-Lee. Foto: Verskaf.
HG-fliek
Hugo, wat nie mal is oor vlieg nie, het die vlug tot by Sossusvlei geniet. Foto: Verskaf.

Wilfried, wat ook ’n vlieënier is, het hulle met sy ligte vliegtuig trakteer met ’n kykie na die Namibiese landskap uit die lug uit tot digby Sossusvlei.

“Dit was heerlik om so bederf te word. ’n Mens het amper skuldig gevoel om so op ’n troontjie geplaas te word,” sê Mardaleen. “Die Slaneys is wonderlike, gasvrye mense by wie ons dadelik aanklank gevind het.”

HG-fliek
Hugo en Mardaleen. Foto: Verskaf.
HG-fliek
Die gasteplaas Otjimbon­dona Kalahari het aan die Derkse lafenis teen die Namibiese hitte gebied. Foto: Verskaf.

Vir die Derks-egpaar van Gobabis in Namibië was die paadjie tot by die kansel omtrent vol kinkels, maar vandag is hulle al byna 15 jaar getroud.

Hul liefdesverhaal het hulle van Potchefstroom tot Londen, Kaapstad en Namibië geneem en word binnekort verfilm.

HG-fliek
Die Derkse saam met die Pasella-aanbieder Sasha-Lee Davids. Foto: Verskaf.
HG-fliek
Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië, die wenners van Huis­genoot se tweede liefdesverhaalkompetisie, geniet ’n romantiese weg­breek. Foto: Verskaf.

“Ons sien baie uit na dié jaar,” sê Mardaleen. “Dis soos ’n verrassingspakkie. Ons kan skaars wag om die akteurs te ontmoet en die mense wat agter die skerms werk om lewe in ons verhaal te blaas.”