Ander Mens vertel die spanningsvolle verhaal van Daniël Niemand (vertolk deur Bennie Fourie), wie se vrou Pauline (Roeline Daneel) hom vir ’n ander man los.

Boonop is die ander man, Schalk (Tim Theron) nie sommer enigiemand nie,  dit is heeltoevallig hul huweliksberader. 

david louw,zetske van pletzen,akteurs,ander mens
Van links is David Louw, Christel van den Bergh, Zetske van Pletzen en Altus Theart van Getroud met Rugby. Foto: Verskaf

In ’n wanhopige poging om sy naam in ere te herstel, vermoor Daniël, wat eintlik ’n vervelige ongeluksvoël, per ongeluk sy eks-huweliksberader. 

Dan ontdek hy sy werkgewer by ’n konstruksiemaatskappy, Frank Redlinghuys (Frank Opperman) is ’n misdaadbaas. 

bradley olivier,lindsey abrahams,akteurs,binneland
Van links is Bradley Olivier, Germandt Geldenhuys, Lindsey Abrahams en Dihan Schoeman van die sepie Binnelanders. Foto: Verskaf

Frank bied aan om Daniël te help om van die lyk ontslae te raak. 

Maar kort voor lank staan lt. Erica Kruger (Marlee van der Merwe) van die polisie voor sy deur. 

Quentin Krog is die regisseur van albei flieks.

ander mens,fliek,quentin krog
Die regisseur Quentin Krog. Foto: Amorie Pearson

“Ek het met Vir die Voëls al vir hom gesê daar is nog nie eens ’n draaiboek vir Ander Mens nie, maar hy gaan die hoofrol vertolk,” lag Quentin.

“Die rol was vir Bennie gemaak. Ek kon niemand anders daarin sien nie.”

jana cilliers,aktrise,ander mens,fliek
Jana Cilliers (links) en haar dogter Léan van den Bergh. Foto: Verskaf

Die fliek was meestal in Kaapstad verfilm, maar daar was ook tonele wat rondom die Wes-Kaapse dorpie Tulbagh verfilm is. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebook en WhatsApp, en teken in op ons nuusbriewe.