Tienerromanse

In To All the Boys I’ve Loved Before, wat onlangs op die stroomdiens Netflix uitgereik is, speel Lana (21) ’n 16-jarige tienermeisie, Lara Jean, wat briewe skryf aan almal op wie sy al ooit verlief was.

Dié briewe is net vir haar oë bedoel, en toe dit uitlek, word haar lewe op sy kop gekeer.

Verskuif grense

To All the Boys I’ve Loved Before is op Jenny Han se boek gegrond.

Jenny het daarop aangedring dat die hoofrol deur ’n Amerikaanse meisie van Asiatiese afkoms gespeel word.

Surreal. It’s here. ???? @toalltheboysnetflix

A post shared by @ lanacondor on

" ’n Mens kry nie baie so ’n geleentheid nie, so ek móés die rol aanvaar," sê Lana.

Van ballerina tot aktrise

Sy was voorheen ’n beroepsballerina. ‘Om as ’n ballerina op te tree het my gehelp om gemaklik in my eie vel te wees,’ sê sy. “As ek nie ballet gedoen het nie, sou ek baie ongemaklik voor die kamera gewees het.”

Straight Tiltin ??

A post shared by @ lanacondor on

Liefdesbriefies

Lana en die akteur Anthony De La Torre (25) is al drie jaar ’n paartjie.

Nes Lana se karakter in die fliek skryf Anthony graag liefdesbriefies. “Hy doen dit vandat ons uitgaan en ek hou elke liewe een,” sê sy.

Fliekprinses

Lana se deurbraakrol was as die superheldin Jubilee in 2016 se X-Men: Apocalypse. Sy is later vanjaar in nog twee flieks: Alita: Battle Angel en Summer Night.

Haar pad na die silwerdoek

Lana is in Viëtnam gebore as Tran Dong Lan. Sy is later deur ’n Amerikaanse paartjie, Mary Carol en Robert Condor, aangeneem. Tydens haar grootwordjare in New York het haar ouers haar aangemoedig om toneel te speel.

Bronne: Teen Vogue, Telegraph, Seventeen, US Magazine