Vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis is daar ’n professionele lokprent vervaardig om ’n boek te bemark.
Die boek is die spanningsverhaalskrywer, Deon Meyer, se nuwe boek, Spoor. Human & Rousseau is die uitgewers.
Die media-agentskap, The Suits, het die idee aan NB-uitgewers voorgelê om lokprente te vervaardig vir boeke as deel van ’n nuwe, innoverende bemarkingsveldtog.
Die resultaat volgens The Suits is ’n aksie-belaaide lokprent vir ’n boek, wat lyk soos ’n lokprent vir ’n film.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET