Wel, rekenaarfoefies word wel ingespan om hulle soos katte te laat lyk, maar die oorgrote meerderheid kykers wat tot nou toe die lokprent gesien het, beskryf dit as ’n nagmerrie. Ander noem dit “creepy”.

Dit kwetter behoorlik op Twitter en dis duidelik dat dié kat liefs nie nege lewens moet hê nie.

Judi Dench loop veral erg deur omdat ’n pelsjas bo-oor haar harige katlyf gedrapeer is. The Guardian se geniepsige reaksie daarop is: “Het sy dalk van haar eie familielede brutaal afgeslag sodat sy hulle as ’n uitrusting kon dra?”

Rebel Wilson word ook nie sagkens benader nie. “Sy het al presies dieselfde karakter in sowat 300 flieks vertolk” en dis glo nie meer snaaks nie.

Een van die grillerige oomblikke is wanneer James Corden sy kos op ’n ander kat uitspoeg.

Van daar gaan dit net afdraande. Teen ’n spoed.

Die asblik in die fliek is volgens skaal te groot terwyl die muisvalletjie weer te klein is. Duidelik was daar verwarring oor hoe groot die katte eintlik moet wees . . .

Twitter reageer













Meer oor Cats en dame Judi
  • Die oorspronklike blyspel is gegrond op gedigte deur T. S. Elliot.
  • Dit is in 1981 vir die eerste keer opgevoer en het een van die vertonings met die langste speelvlak op Broadway in Manhattan, New York, en West End in Londen, geword.
  • Judi Dench sou aanvanklik die rol van Grizabella in Cats vertolk het, maar sy is platgetrek deur ’n besering. Elaine Paige is op kort kennisgewing genader om die rol oor te neem en het groot bekendheid daarvoor verwerf.
  • Nie gedink James Bond se “M” kan sing nie? Dink weer.
  • Dame Judi Dench en sir Ian McKellen het ook vanaf 1976 teenoor mekaar in verskeie teaterproduksies en flieks opgetree.
  • In Cats (die fliek) vertolk sy die rol van ou Deuteronomy, die leier van die Jelllicles-katgroep, en sir Ian is Gus die Teaterkat.

Bronne: theguardian.com, reuters.com, bbcamerica.com, elainepaige.com,