Die animasieprent, wat draai om die arm straatkind Aladdin wat die liefde van prinses Jasmine wen, het gister die eerste foto’s van die akteurs uitgereik wat die onderskeie rolle vertolk. 

Madonna se eksman, die Britse rolprentmaker Guy Richie (50), sit in die regisseurstoel. Hy het ook die draaiboek help skryf met John August (48), wat onder meer Charlie's Angels help skryf het, en Vanessa Taylor (48), wat onder meer Divergent en die Oscar-bekroonde donker romantiese fantasiedramaprent The Shape of Water geskryf het. Die fliek begin in Mei 2019 in rolprentteaters draai.

Alhoewel Will Smith (50) alreeds in die sosiale media aangekondig het dat hy die rol van Jinn gaan vertolk wat vir Aladdin drie wense gun, het een karakter in besonder alle gesprekke in die sosiale media oorgeneem berig Daily Mail.

Aanhangers was beïndruk met hoe vuurwarm die akteur Marwan Kenzari is wat die rol van die ikoniese skurk Jafar gaan speel.

Trouens, vir sommige, is die 35-jarige akteur al rede hoekom hulle die nuwe Disney-fliek gaan kyk.

Hulle het ook later aanlyn na hom as "hot Jafar" begin verwys om nie verwarring te veroorsaak tussen hom en Jafar in die animasieprent nie.

Dit gons nou meer oor Jafar as Aladdin, die titelrol wat deur die Kanadese akteur Mena Massoud (27) vertolk word. Ander hoop juis dat Jafar - en nie Aladdin soos in die animasieprent nie - op die ou end Jasmine (Naomi Scott) se hart gaan verower.

Bronne: Daily Mail.co.uk, ComicBook.com, BuzzFeed.com