DIE STORIELYN

Nadat hulle die wêreldkampioenskapsbyeenkoms gewen het, het die Bellas elkeen hul eie rigting ingeslaan.

Dis egter moeilik om as sangeres werk te kry. Toe hulle die kans kry om aan ’n oorsese kompetisie deel te neem, lei dit weer tot drama, lekker musiek en hegte vriendskappe. Die fliek word op 22 Desember uitgereik.

Hana Mae Lee

Welcome to my #BellasForLife story. Will miss you Bellas!!! ??

A post shared by Hana Mae Lee (@hanamaelee) on

Hailee Steinfeld

Stretching for Black Friday shopping like… ?????????? @missionathlete @amazon #onamission

A post shared by hailee steinfeld (@haileesteinfeld) on

Brittany Snow

press day in Sydney ?? #pitchperfect3 hair by @sophieroberts_hair threads by @lindseydupuis

A post shared by Brittany Snow (@brittsnowhuh) on

Rebel Wilson

Chrissie Fit

Anna Camp

Anna Kendrick

Trying to scare you off ??

A post shared by Anna Kendrick (@annakendrick47) on

Ester Dean

I’m Ready.....Late but Ready #pp3 #teenvogue

A post shared by Ester Dean (@esterdean) on

Meer oor The Barden Bellas
  • Anna Kendrick (Beca) (32) is versot op regte optredes. Jip, wanneer jy haar in die fliek alleen sien sing, moet jy weet dit is regstreeks opgeneem. Sy voel iets gaan verlore wanneer die musiek in die ateljee opgeneem word. Hoe dan anders? Sy het immers haar talent op Broadway geslyp. 
  • Voor verfilming het die akteurs ’n maand gerepeteer. Die dele wat in Frankryk afspeel, is glo in Atlanta in Amerika verfilm.
  • Ester Dean (Cynthia-Rose) (35) het al talle treffers geskryf, waaronder Rihanna se Rude Boy en What’s My Name?, asook Firework (Katy Perry) en Super Bass (Nicki Minaj). 
  • Die draaiboekskrywer het Rebel Wilson (Fat Amy) (37) deur Facebook gevra om ’n oudisie vir die eerste fliek af te lê.
  • Ruby Rose (31) speel Calamity en Hailee Steinfeld (20) hervat haar rol as Emily. “Die danspassies en musiek is beter en die fliek is baie snaaks,” sê Hailee.
  • Daar is ongelukkig nog nie sprake van ’n vierde fliek nie.
Bronne: Buzzfeed.com, Famousfix.com, YouTube