Dis einde verlede jaar in en om Kaapstad verfilm en spog met die veteraanaktrises Shaleen Surtie-Richards, Vinette Ebrahim en Ilse Klink in die rolverdeling. Maar ons gesels met die drie jong sterre.

Basil Appollis en Vinette Ebrahim
Die akteurs Vinette Ebrahim en Basil Appollis in ’n toneel uit Swirl. Foto: kykNET&kie en M-Net

BIANCA FLANDERS 

Bianca Flanders
Bianca Flanders. Foto: kykNET&kie en M-Net

Bianca het al self ’n boek oor hare, Prinses Pampoenpit, geskryf.

1. Wie is jou karakter, Faiza?

Faiza is Elaine se beste vriendin by die haarsalon en kollege. Sy is snaaks, ’n bietjie lui en alles is maklik vir haar. Sy het nie Elaine se dryfkrag en ambisie nie.

2. Beskryf jou hare.

Onvoorspelbaar, wild en mooi.

3. Hoe is jou verhouding met jou hare?

Ek love die krulle, maar dit was nie altyd so nie. Toe ek klein was het ek my hare gehaat! Ek onthou toe ek 13 was, het ek vir die eerste keer India Arie se liedjie “Video” gehoor. Dit het my geïnspireer om my hare natuurlik te dra.

4. Wat is jou gunstelinghaarstyl? 

Los en vry!

5. Enige wenke vir hare wat jy wil deel? 

Ons almal is uniek en spesiaal en ons hare is dieselfde. Dit hoef nie soos iemand anders se hare te lyk nie. 

CHANELLE DAVIDS 

Chanelle Davids
Chanelle Davids. foto: kykNET&kie en M-Net

Chanelle speel die hoofkarakter, Elaine Williams, wat haar eie haarsalon wil besit en van jongs af gefrustreerd is met haar hare.

1. Wie is Elaine?

Elaine is op soek na haarself en in die proses ervaar sy verskillende teleurstellings, maar sy vind en leer ook baie waardevolle lesse wat geen geld kan koop nie.

2. Hoe sou jy jou hare beskryf?

Vry, met hul eie persoonlikheid.

3. Hoe is jou verhouding met jou hare?

My verhouding met my hare is baie gesonder as tevore. Ek laat my hare toe om net te wees. Ek kry nie altyd dieselfde krul nie en het geleer om dit so te aanvaar.

4. Beskryf ’n dag op die stel. 

Elke dag op die stel was ’n meesterklas in toneelspel. Dit is ’n tyd in my loopbaan wat ek nooit sal vergeet nie. Ek is so dankbaar vir die geleentheid wat Quanita my gegee het om deel te wees van hierdie amazing projek. 

5. Wat is jou gunstelinghaarstyl? 

Om net my krulle in ’n afro-haarstyl te dra. 

VERONIQUE JEPHTAS

Veronique Jephtas
Veronique Jephtas. Foto: kykNET &kie en M-Net

Die Fynskrif-ster speel die joernalis Jo-Ann Opperman in die telenovelle Arendsvlei.

1. Vertel vir ons meer oor jou karakter, Taylor.

Sy is ’n model en beïnvloeder wat baie selfversekerd is. Sy is kleurryk, kom weg met vreemde uitrustings en lyk altyd stunning.

2. Hoe sou jy jou hare beskryf?

My hare het beslis ’n houding van hul eie. Dis vry, unapologetic en vat plek op net waar dit wil.

3. Hoe was dit om saam met Shaleen, Vinette en Ilse te werk?

Ek skrik nou nog oor die feit dat Ilse weet wie ek is. Antie Shaleen het die wêreld se wysheid en antie Vinette was dierbaar. Dis ’n ervaring wat ek vir ewig sal koester.

4. Wat is jou hare-roetine? 

Ek het een en probeer daarby hou, maar slaag nie altyd nie. Deep conditioning en oil treatments elke 10 dae. 

5. Enige haarwenke? 

Vind uit watter tekstuur jou hare is sodat jy die produkte kan koop wat spesifiek daarvoor werk. Love jou hare en aanvaar dit so!

Quanita Adams
Quanita Adams is die skrywer en regisseur van Swirl. Foto: Instagram/@quanitadams

3 dinge wat jy oor 'Swirl' moet weet

1. Die skrywer, Quanita, se ma, niggie, tannies en peetkind is ekstras in die fliek.

2.  Chanelle het ’n stresbles in haar hare geskeer vir haar rol. “Ek wou nie hê sy moes nie, maar sy het daarop aangedring. Ons het almal gehuil,” sê Quanita.

3. Quanita sing die temalied, “She’s a Girl”, wat haar vriend dr. Marc Hendricks vir haar geskryf het.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe