Drama

Anchen, wat die rol van Gideonette de la Rey in Meerkat Maantuig vertolk, het in gr. 1 met dramalesse begin en in gr. 4 by ’n talentagentskap aangesluit.

Die fliek

Dit vertel die verhaal van ’n 13-jarige meisie wat bang is sy gaan die slagoffer word van ’n familievloek wat haar jonk sal laat sterf, net soos haar pa.

Maar Gideonette (Anchen) moet leer om dié vrees te bowe te kom.

Haar eksentrieke grootouers help haar daarmee.

Beginner

Haar eerste fliekrol was twee jaar gelede, in Vaselinetjie. "Ek het dit vreeslik geniet om aan dié fliek te werk."

Baie geleer

Sy het heelwat geleer tydens die verfilming van Meerkat Maantuig.

"Hoewel ek baie skool misgeloop het, sal ek die ervaring vir niks verruil nie," sê dié gr. 9-leerder aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion.

Rolmodelle

Sy wil graag eendag saam met Simoné Nortmann, Donnalee Roberts, Amalia Uys en Leandie du Randt Bosch werk. “Hulle is almal ongelooflik talentvol.”

Vol wysheid

“Dit is harde werk, maar as jy besluit om jou droom te volg, is dit alles die moeite werd,” is haar raad aan tieners.

Vele talente

Sy is lief vir perdry en sing. Sy sien ook uit na die nuwe fliek, maar vir eers fokus sy op haar skoolwerk.

Kyk dit
Meerkat Maantuig begin op 16 Maart