Waaroor gaan dit?

Twee jong vriende van Ysland droom daarvan om roem te behaal met hul popgroepie, Fire Saga.

Maar die mense op hul dorp wil net hê Lars Erickssong (Will Ferrell) en Sigrit Ericksdóttir (Rachel McAdams) moet die dorp se gunstelingliedjie, “Jaja Ding Dong”, in plaas van hul eie liedjies sing.

Die kostuums, stelontwerpe en dansers maak dit die
Die kostuums, stelontwerpe en dansers maak dit die moeite werd. Foto: Netflix

Arme Lars is boonop verlief op Sigrit, maar sy glo in die bestaan van elwe en wag dat hulle antwoorde op al haar lewensvrae gee.

Weens ’n seiljagtragedie moet hulle instaan vir Katiana Lindsdóttir (vertolk deur Demi Lovato) wat namens Ysland aan die Eurovisionliedjiekompetisie in Edinburgh, Skotland, deelneem. 

Demi Lovato verskyn ook in die fliek as Katiana Li
Demi Lovato verskyn ook in die fliek as Katiana Lindsdottir. Foto: Netflix

Wat volg, is die een stel probleme op die ander wat ’n mens jou hare uit jou kop wil laat trek.

Die kostuums, stelontwerpe en dansers maak dit egter die moeite werd.

Wat veral ook pret is, is dat vorige regte deelnemers in die fliek te sien en te hoor is.

Wie sal daarvan hou?

As jy ’n aanhanger is van die kompetisie of gehou het van die fliek The Greatest Showman (2017), sal jy dalk ook van hierde breinlose, soms irriterende en veels te lang Netflixfliek hou.

Dit het mooi liedjies en ek het aan die einde ’n enkele traan gepink. Jou tweens gaan dit #love of #hate.

As Will Ferrell jou irriteer, gaan jy moeilik vatplek hieraan kry.

Daar is darem Pierce Brosnan wat sy pa, Erick, speel en Dan Stevens met sy uberkamp spel as die Russiese sanger Alexander Lemtov wat die kollig steel.

Die Bond-akteur Pierce Brosnan vertolk die rol van
Die Bond-akteur Pierce Brosnan vertolk die rol van Lars se pa. Foto: Netflix

Die fliek sou saamgeval het met die 65ste Eurovisionkompetisie in Rotterdam, Nederland, maar weens die covid-19-krisis is dit aanlyn uitgereik.

Dis goeie ontvlugting vir hierdie somber tyd.

 – PIETER VAN ZYL

  • 2020.
  • 123 MIN.
  • 13OB.
  • OP NETFLIX

DStv Box Office

DANIEL ISN’T REAL

Gruwel.

Sê nou jy kan jou denkbeeldige vriend uit jou kinderjare terugkry om ’n tragedie te hanteer?

Luke (Miles Robbins) doen presies dit toe hy sy geestelik onstabiele ma (Mary Stuart Masterson) verlaat.

Maar hy besef gou hy het geen beheer oor wat Daniel (Patrick Schwarzenegger) doen nie. Schwarzenegger is ’n openbaring as die kammamoordenaar, en dit is nie ’n resepmatige gruwelfliek nie.

 As jy rolprente soos Donnie Darko (2001) en Mandy
As jy rolprente soos Donnie Darko (2001) en Mandy (2018) geniet het, smaak jy dalk net dié waansinnige vreemdheid. Foto: Samuel Goldwyn Films

Die keuse van akteurs help steun die veronderstelling dat Daniel en Luke inmekaarmeng, maar dit kon skokkender uitgebeeld word.

As jy rolprente soos Donnie Darko (2001) en Mandy (2018) geniet het, smaak jy dalk net dié waansinnige vreemdheid.

 – PIETER VAN ZYL

  • 2019.
  • 100 MIN.
  • 16GST.

THE RHYTHM SECTION

Riller.

Toe haar gesin in ’n vliegramp sterf, raak Stephanie Patrick (Blake Lively) die pad byster.

Blake Lively is ’n vrou op ’n missie in The Rhythm
Blake Lively is ’n vrou op ’n missie in The Rhythm Section. Foto: Paramount Pictures

Dan vind sy uit die neerstorting was nie ’n ongeluk nie, maar ’n terroristeaanval wat deur die regering toegesmeer is.

Sy spoor ’n gewese MI6-agent (Jude Law) op en vra hy moet haar oplei sodat sy die skuldiges kan aankeer.

Die rolprent, gegrond op die eerste in ’n reeks romans deur Mark Burnell, wat ook die draaiboek geskryf het, trek jou nooit heeltemal in nie.

Daar is heelwat dingetjies wat pla, van Lively se wisselvallige Engelse aksent tot die slepende pas.

Nie eens die verskyning van die This Is Us-ster Sterling K. Brown as ’n gewese CIA-agent kan die deurmekaarspul opkikker nie.

 – LYNN ELY

  • 2020.
  • 110 MIN.
  • 16DTG