Vroeë sukses

Hailee het op 10 begin toneelspeel en is op 13 die eerste keer vir ’n Oscar benoem, vir beste byspeler vir haar deurbraakrol in die Western True Grit (2010). Sy het 15 000 aktrises uitgestof om die rol van Mattie Ross te vertolk.

Model

Sy het klein-klein al model gespeel vir groot name soos Nike en Gap. Op 14 het sy die jongste gesig ooit vir die modehuis Miu Miu geword.

Hoofrol

Ja, Bumblebee, almal se gunsteling-Transformer, het sy eie fliek wat op 21 Desember uitgereik word.

Hailee Seinfeld (22) ­vertolk die Transformers-­f
Hailee Seinfeld (22) ­vertolk die Transformers-­fliekreeks se eerste vroulike hoofrol. Foto: Christopher Polk/Getty Images vir NARAS

Hailee (22) ­vertolk die Transformers-­fliekreeks se eerste vroulike hoofrol. Sy speel die byna 18-­jarige rabbedoe Charlie Watson wat ’n stukkende geel Volkswagen vind, regmaak en dan uitvind dis g’n gewone Volla nie.

Treffer-prinses

Hailee is bekend vir oorwurms soos Starving en Most Girls. Haar onlangsste enkelsnit, Back to Life, is kookwater. Dié elektropopsnit is op Bumblebee se klankbaan.

Sy's mal oor haar aanhangers

Haar debuutkortspeler, Haiz, is ’n huldeblyk aan haar ondersteuners, wat haar dié noemnaam gegee het.

View this post on Instagram

HAIZ 11•13•15

A post shared by hailee steinfeld (@haileesteinfeld) on

Eerste soen

Haar eerste soen was op “11 of 12”.

‘Dit was vir die fliek She’s a Fox en ek moes twee ouens daarin soen. Dit was nogal erg. Ek het nie geweet wat om te doen nie! Een van die ouens was korter as ek; hy moes op ’n appelboks staan’.

Haar eerste regte soen was by haar “voordeur” by die huis – die gelukkige kêrel was glo Justin Bieber.