TV-FLIEKS

KYKNET

JONATHAN: DIE MOVIE

SATERDAG 2 JUNIE 21:00 2016, 100 MIN, 13T

Komedie.

Foto: Boskok ses films

Rikus de Beer, oftewel Jonathan van Radio Raps-faam, speel ’n aspirantkomediant. Nadat hy ’n ongeluk met sy pa se motor gemaak het, word hy uit die huis geskop. Dan word hy ’n motorwag. Jacques Bessenger, Elton Landrew, Marnus Kruger, Rikus en Francois Viljoen (foto).


E.TV

JURASSIC WORLD

SONDAG 3 JUNIE 20:00 2015, 124 MIN, O13

Aksie.

Foto: Universal Pictures

’n Nuwe Jurassic Park-oord open sy deure in Costa Rica. Die park het geneties gegenereerde dinosourusse. Toe hulle ontsnap, moet ’n gewese weermagman sy vaardighede inspan om twee broers en ander toeriste te red. Chris Pratt (foto) en Bryce Dallas Howard.



M-NET

UNFORGETTABLE

SATERDAG 2 JUNIE 21:00 2017, 100 MIN, 16GST

Riller.

Foto: Warner Bros.

’n Vrou wat sukkel om die einde van haar huwelik te verwerk, vind uit haar eksman is weer verloof. Sy probeer met haar lewe aangaan, maar raak so jaloers dat sy die lewe van haar eks se verloofde hel maak. Rosario Dawson en Kincaid Walker (foto) en Katherine Heigl. 


M-NET

SNATCHED

SONDAG 3 JUNIE 20:30 2017, 111 MIN, 16GSNT

Komedie.

Foto: 20th Century Fox

’n Vrou wat deur haar kêrel afgesê is, oortuig haar ma om saam met haar op ’n eksotiese wegbreek na Suid-Amerika te gaan.

Hulle verskil hemelsbreed van mekaar, maar moet saamwerk om ’n gevaarlike oerwoudavontuur te oorleef. Amy Schumer (foto) en Goldie Hawn. 


E.TV

THE BOY NEXT DOOR

SATERDAG 2 JUNIE 21:40 2015, 91 MIN, 16GTS

Riller.

Foto: Universal Pictures

’n Geskeide hoërskoolonderwyseres begin ogies maak vir die sexy tienerseun wat langsaan intrek en met haar seun vriende maak. Sy dink haar flankeerdery is onskuldig, maar dinge loop skeef toe hulle ’n affair aanknoop. Ryan Guzman en Jennifer Lopez (foto). 



M-NET

CARRIE PILBY

SONDAG 3 JUNIE 04:00 2016, 98 MIN, 13ST

Komedie.

Carrie Pilby is ’n genie wat op 19 aan Harvard gradueer en nie die wêreld verstaan nie. Sy’s werkloos en sonder pelle omdat sy sulke hoë standaarde het. Sy hoor by ’n terapeut sy moet ’n vyfpuntplan saamstel om op die regte pad te kom. Gabriel Byrne en Bel Powley (foto).


Reekse

SHOWMAX

RUNAWAYS

Foto: Showmax

Dié wetenskapsfiksie-avontuurreeks van Marvel handel oor ses tieners wat agterkom hul ouers is superbooswigte wat donker geheime wegsteek, soos dat hulle almal deel is van ’n groep genaamd Pride. Die kinders moet kragte saamsnoer om hul ouers se planne te fnuik. Lyrica Okano (foto).


KYKNET & KIE

DIE BYL

Foto: KykNet

Het jy dié dramareeks misgeloop wat almal in 2015 aan die praat gehad het? Die reeks handel oor die spanne polisiebeamptes wat reeksmoorde in Suid-Afrika ondersoek. Lika Berning, Waldemar Schultz en Marvin-Lee Beukes (foto) en Milan Murray.

  • Begin Saterdag, 9 Junie om 20:00