Nie net het hy perdrylesse geneem nie; hy is ook in wapenhantering, die boskuns en as skerpskutter opgelei.

“Ek het alles op die spel geplaas deur my eie waagtoertjies te doen en myself getoets deur riviere oor te steek en deur bergagtige slangbesmette terreine te beweeg,” vertel die blonde akteur.

Greg, Christia Visser, Elsabé Daneel en Albert Maritz. Foto: Man Makes a Picture.
Marius Weyers. Foto: Man Makes a Picture.

“Ek het met baie recces gepraat en hul hartverskeurende verhale aangehoor.”

Greg wou topfiks wees vir die rol en het tussen sy gimsessie deur soveel moontlik boeke oor die Grensoorlog gelees en na dokumentêre rolprente daaroor gekyk.

Greg in ’n aksie­to­neel. Foto: Man Makes a Picture.

Sy karakter is ’n recce wat ná ’n lewensgevaarlike sending verkeerdelik dood verklaar word.

Met die vyand op sy spoor moet hy sy weg deur ruie Afrika-bosse baan om na sy vrou, Nicola (gespeel deur Christia Visser), en gesin terug te keer.

“Ek kon regtig identifiseer met Henk se deursettingsvermoë, sy volharding en die innerlike stryd wat hy moes voer,” sê Greg van dié uitdagende rol.