Die fliek is ’n viering van sterk vroue, want die vyf hoof­karakters – gespeel deur Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Ilse Klink en Carla Classen – wys hulle het g’n man nodig om hulle uit die verknorsing te red nie.

Die vroue beland in die moeilikheid toe hul boot tydens ’n avontuurvaart op die Oranjerivier omslaan en die water hulle meesleur. Hul beproewing word dan meer as net ’n stryd om oorlewing. Hulle word uitgedaag om hulself te herontdek, die verlede te aanvaar en hulself vir vriendskap oop te stel.

Mej. Suid-Afrika van 1990, Suzette van der Merwe, en haar ewe pragtige dogter, Skye Goss, met hul aankoms.
Donnalee Roberts was geklee in Vesse­lina Pentcheva.
Mila Guy (in Tru/vai) het net soos Donalee geskitter in haar laerugrok.
Melinda Bam (regs), nog ’n oud-Mej. Suid-Afrika, is deur haar suster, Melissa Bam, vergesel.
Nadia Beukes en haar man, David de Villiers.
Angelique Gerber was beeld­skoon op die rooitapyt in ’n Anel Botha-­skepping.

Die verloofde vermaakpaar Ivan Botha en Donnalee Roberts het saam die draaiboek geskryf en die fliek vervaardig. Ivan is ook die regisseur en Donnalee vertolk die hoofrol.

Op die vraag wat vrouwees vir haar beteken, het sy geantwoord: “Dis om dapper genoeg te wees om te sê: Dít is wie ek is en wie ek gemaak is om te wees.”

Die fliek word spesiaal op Vrouedag, 9 Augustus, uitgereik om vrouwees te gedenk.

Foto's: Sharon Seretlo