Baie mense is verheug oor die nuwe rigting vir die jongste weergawe, wat in 2020 sal verskyn, maar ander wat met die rooikopmeermin groot­geword het, beskuldig rolprentmakers daarvan dat hulle die wese van Ariel aantas.

View this post on Instagram

dream come true... ????‍???? #thelittlemermaid

A post shared by chloe x halle (@chloexhalle) on

“Ek wil nie onbeskof of iets wees nie, maar eerlikwaar, ek wens regtig die karakter wat Ariel speel, het soveel moontlik na haar gelyk. 

Met alle ander Disney-rolprentkarakters is dit die geval,” het ’n Twitter-gebruiker laat hoor, terwyl nog een getwiet het “blackwashing is net so erg soos whitewashing”.

View this post on Instagram

a lil bit of the matrix last night ??

A post shared by chloe x halle (@chloexhalle) on

Halle (19) is ook bekend as die helfte van die R&B-duo Chloe x Halle, en natuurlik het baie medesterre op sosiale media dit gesteun en haar gelukgewens. 

halle bailey,chloe bailey
Halle Bailey en Chloe Bailey. Foto: Gallo Images/Getty Images

Selfs die Game of Thrones-ster Sophie Turner (23), wat glo een van die aktrises was wat vir die ikoniese rol oorweeg is, het die jong ster op Twitter gelukgewens. 

BRONNE: THEBLAST.COM, EONLINE.COM, TMZ.COM, CINEMABLEND.COM, THESUN.CO.UK