The Croods

E.TV (ANIMASIE)

Toe die Croods se grot verwoes word, gaan hulle op ’n avontuur na die vreemde op soek na ’n nuwe blyplek.

Die patriarg Grug het genoeg probleme van sy eie en dinge versleg verder toe hul paaie met dié van ’n swerwende grotman kruis. Met die stemme van Emma Stone en Nicolas Cage.

SATERDAG 18 AUGUSTUS 19:30 2013. 98 MIN. O

My week with Marilyn

SABC 2 (DRAMA)

’n Produksieassistent werk op die stel van Marilyn Monroe se fliek The Prince and the Showgirl. Toe Marilyn se man, Arthur Miller, Parys toe gaan, stel die assistent Marilyn aan die plesiertjies van die Britse lewe voor.

Met Zoë Wanamaker en Michelle Williams (foto).

SATERDAG 18 AUGUSTUS 21:00 2011. 99 MIN. 16

The Circle

M-NET (WETENSKAPLIKE FIKSIE)

’n Vrou slaan ’n werk by die wêreld se magtigste so­sialemediamaatskappy los. Sy word deur die stigter aangehits om deel van ’n eksperiment te word wat die grense van privaatheid en persoonlike vryheid verskuif.

Met Emma Watson en Karen Gillan (foto).

SATERDAG 18 AUGUSTUS 21:00 2017. 110 MIN. O13

X-men: Apocalypse

M-NET (AKSIE)

Die X-Men moet bontstaan om Apocalypse te stuit. Dié word ná duisende jare wakker gemaak en span kragte saam met Magneto en ander mutante om ’n nuwe wêreldorde te skep. Professor X en Raven moet dan ’n spul jong X-Men lei om te keer dat hulle die aarde vernietig.

Met Michael Fassbender (foto).

SONDAG 19 AUGUSTUS 13:00 2016. 144 MIN. O13

HOOFMEISIE

SABC 2 (FAMILIE)

’n Ambisieuse 12-jarige weesmeisie droom daarvan om die hoofmeisie van haar skool te word. Haar ouma ontmoedig haar, maar sy doen haar bes om dié titel te kry. Dinge begin egter lol toe sy vermoed haar beste pel het teen haar gedraai.

Met Mish’a el de Beer (middel).

SONDAG 19 AUGUSTUS 16:00 2011. 98 MIN. A

KINGSMAN: THE GOLDEN CIRCLE

M-NET (AKSIE)

In die opvolgprent van dié aksie­belaaide spioenfliekreeks word die Kingsman se hoofkwartier vernietig. Die geheime agente van Brittanje en Amerika span dan kragte saam om die vyand te takel.

Met Taron Egerton (foto) en Colin Firth.

SONDAG 19 AUGUSTUS 20:05 2017. 141 MIN. 16GST

Ook op die kassie

Nisbore

VIA 

Die Egoli-ster Chris de Clerq, dr. Simonia Magardie en Anrich Herbst (foto) van Orkney Snork Nie-faam keer terug vir die derde seisoen.

Die aanbieders vat weer die pad om innoverende landbou-entrepreneurs te ontmoet wat hul lappies grond in iets besonders omskep.

BEGIN MAANDAG 13 AUG. OM 20:00

Modern Family

M-NET

Die Dunphy’s, Pritchetts (foto) en Tuckers keer terug vir die negende seisoen van dié Emmy- en Golden Globe-bekroonde komediereeks. Van links is Rico Rodriguez (Manny), Sofía Vergara, Jeremy Maguire (wat Gloria en Jay se seuntjie Joe speel) en Ed O’Neill.

WOENSDAE OM 19:00

FOTO'S: LUBABALO LESOLLE, STXFILMS, 20TH CENTURY FOX, THE FILM FACTORY, ENTERTAINMENT FILM, ABC