Die romantiese fliek, wat op Valentynsdag landswyd in teaters begin draai het, is verlede jaar in Potchefstroom, Johannesburg, Kaapstad, Namibië en Londen verfilm.  

Die rolprent het die afgelope naweek meer as R1.2 miljoen by die loket laat inrol. Dit is boonop naas Bad Boys for Life die tweede gewildste keuse onder Suid-Afrikaanse fliekgangers. 

Die fliek se plakkaat.
Die fliek se plakkaat.

Kykers het die afgelope naweek gegons oor hoe die rolprent hulle laat lag en huil en hoe dit teen die agtergrond van die 1990’s die nostalgiese hartsnoere roer. Baie het vertel hoe hulle hul eie stories in die fliek raaksien.

“Dis een van die beste films in ’n lang tyd. Lekker gehuil en lekker gelag – fantasties,” het Stephanie Smit op Huisgenoot se Facebook-blad laat hoor. “Puik film en briljante akteurs.”

Monique le Grange het op Instagram die rolprent as “beeldskoon” beskryf.

“Dit het vir my soveel herinninge van Londen terug gebring.”

“Dankie vir ’n baie mooi fliek,” het Siobheanne Fourie-Landsberg op Vergeet my nie se Facebook-blad geskryf. “Ek is gek oor die storielyn, die landskap en die toneelspel was uitstekend.

"Die klankbaan is ’n groot bonus. Dit het my terug gevat na my jeug."

Enel Viljoen het op Vergeet my nie se Facebook-blad vir die rolprent vyf stefre gegee en geskryf sy beveel dit beslis aan. “Oulike fliek. Great regie, die toneelspel en musiek is baie goed.

"Gaan kyk dit – jy sal nie spyt wees nie”

Talle van Vergeet my nie-koshuis se inowoners op die Puk het op Valentyndag as ’n groep saamgetrek om na die rolprent te gaan kyk.

Inwoners van Vergeet my nie-koshuis het op Valenty
Inwoners van Vergeet my nie-koshuis het op Valentynsdag saamgetrek om Vergeet my nie-fliek te gaan kyk.

Hulle was vir die geleentheid vrolik in hul geel koshuishoedjies uitgevat. Vergeet my nie se hoofrol, Mardaleen, was as student in dié einste koshuis en talle van die fliek se tonele is daar verfilm.

Inwoners van Vergeet my nie-koshuis het op Valenty
Inwoners van Vergeet my nie-koshuis het op Valentynsdag saamgetrek om Vergeet my nie-fliek te gaan kyk.

Talle fliekteaters was propvol, so opgewonde was kykers om die film te sien.

Fliekgangers was omtrent opgewonde oor Vergeet my
Fliekgangers was omtrent opgewonde oor Vergeet my nie -fliek. Talle teaters was vol bespreek. Foto: Instagram
 

Vergeet my nie is deur die ware liefdesverhaal van Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië, geïnspireer – en is propvol drama, humor en romanse. 

Die Alles Malan-ster Sean-Marco Vorster speel Hugo en Marguerite van Eeden, wat die hoofrol in Vaselinetjie gespeel het, is Mardaleen.

marguerite van eeden,sean-marco vorster,vergeet my
Marguerite en Sean-Marco saam met die regte Hugo en Mardaleen Derks. Foto: Misha Jordaan

Mardaleen en Hugo het mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet, maar soos die noodlot dit wou hê later in dieselfde kommune in Londen – genaamd Huis Konettie – beland.

En hier het die liefde geblom. Maar ná hul Londense romanse keer Mardaleen terug na Kaapstad om haar loopbaandrome na te jaag en Hugo gaan boer in Namibië.

En al wil Hugo vir Mardaleen op die plaas hê, bly sy aan die stadslewe vasklou . . .

Die fliek is deur Huisgenoot, kykNET en The Film Factory vervaardig en draai nou in teaters landwyd. Maak sommer die week nog planne om die goedvoelfliek te gaan kyk.