As daar nou een ding is waarvan hy niks hou nie, is dit wanneer iemand sy biscuit-blik skud, dink hy toe hy die donkerblou boek van die rak afhaal. 

Vir wat wil Michael Connelly nou ’n vroumensspeurder in sy boeke indruk? 

Harry Bosch het wel al aftree-ouderdom bereik, maar kon Connelly nie liewers ’n ander hardegat speurder geskep het nie? 

Enigiets anders as ’n vroumens wat haar lyf Sherlock Holmes probeer hou!

Op die voorblad van die boek is ’n silhoeët van ’n vrou met die titel van die boek in groot geel letters: The Late Show. 

Onder die titel staan die gewraakte woorde: Introducing Detective Renée Ballard.

So dit is haar naam? Renée Ballard. 

Hy het die boek al aan die einde van verlede jaar in die winkels gesien. 

Michael Connelly is immers sy gunstelingskrywer, en wanneer ’n nuwe manuskrip in die handel beskikbaar is, spring hy altyd om een in die hande te kry. 

Tog het hy nog net nie kans gesien om hierdie boek op te tel nie. Vandag is daar egter niks anders in die boekwinkel op Kaapstad- Internasionale Lughawe wat sy aandag trek nie. 

As daar nou een ding is waarvan hy niks hou nie, is dit wanneer iemand sy biscuit-blik skud, dink hy toe hy die donkerblou boek van die rak afhaal.

Sy vlug vertrek oor ’n halfuur en hy móét nou sy boekkeuse maak om die twee uur na Johannesburg vinniger te laat verloop. 

Boonop is dit nie net ’n manier om die tyd vinniger om te kry nie.

’n Oop boek op sy skoot het nog altyd gewerk om enige praatsiek buurman of vrou beskaafd te ignoreer.

Meteens raak hy bewus van ’n mooi blondine wat ’n eksemplaar van dieselfde boek van die rak af trek. 

Sy lees die agter­blad en stap met ’n tevrede glimlag na die kassiere toe. 

Gmf, sy is seker een van die bevryde vroue wat reken ’n vroulike speurder sal enige ingewikkelde saak kan oplos. Hollywood het mos daardie idee in mense se koppe ingeprent. 

Maar hy wat Pierre Loots is, val nie so maklik vir daardie foefies nie. Gee hom ’n speurder soos Harry Bosch, Charlie Parker, Amos Walker – selfs Deon Meyer se nimlike Bennie Griessel! 

Moet net nie probeer om hom te beïndruk met die speurkrag, sjarme en vernuf van ’n vroulike speurder nie!

Hy stap langtand, The Late Show in die hand, na die kassiere.

Hy is seker hy gaan die boek háát, maar sy obsessie met sy gunstelingskrywer laat hom vanoggend met geen ander opsie nie. 

Meteens raak hy bewus van ’n mooi blondine wat ’n eksemplaar van dieselfde boek van die rak af trek.

Uit die hoek van sy oog sien hy hoe die blondine wegstap met haar boek in ’n papiersak. 

’n Oomblik lank wonder hy waarheen sy vlieg. Sy is nogal besonder mooi. Groot blou oë, kon hy sien voor sy vroeër vinnig oogkontak verbreek het. 

Die glimlag wat om haar mond gespeel het, het egter bevestig sy het wel opgemerk hul boeke­smaak stem ooreen. 

Dalk sou hulle nogal lekker kon gesels het oor hierdie nuwe hoofkarakter wat Michael Connelly uit sy verbeelding opgedis het.

Terwyl hy sit en wag om aan boord te gaan, soek sy oë oor die passasiers. Dalk is hy gelukkig en is sy op dieselfde vlug. 

Hy gewaar haar nêrens nie en trek dan maar sy boek nader om te begin lees. Dadelik is hy meegevoer. 

Vroulike speurder ofte nie, as daar iemand is wat ’n goeie speurroman kan skryf, dan is dit Michael Connelly.

Eindelik is dit tyd om aan boord te gaan. Hy was so besig in die Kaap, daar was nie tyd om vooraf ’n sitplek te bespreek nie. 

Nou sal hy maar moet tevrede wees met sitplek 31E wat vroeër aan hom toegeken is. 

Die sitplek is heel agter, en op die middelste sitplek is ’n mens boonop vasgedruk tussen iemand teen die venster en ’n ander teen die paadjie. 

’n Oomblik lank wonder hy waarheen sy vlieg. Sy is nogal besonder mooi. Groot blou oë, kon hy sien voor sy vroeër vinnig oogkontak verbreek het.

Gelukkig het hy die boek as wapen teen enige praatsieke. Hy plons teleurgesteld in sy sitplek neer. Van die blondine is daar nie ’n teken nie.

Terwyl die vlugbemanning in die paadjie afloop en een vir een van die oorhoofse bagasieruimtes toeklap, maak hy maar weer die boek wat nou op sy skoot lê oop. 

Hy is dankbaar die jong man teen die venster lê reeds en slaap. Dié behoort hom nie te pla nie. 

Die sitplek teen die paadjie is egter steeds oop. Dalk is hy gelukkig en dan bly dit oop.

Skielik word hy bewus van ’n lieflike sagte roosgeur. Dieselfde geur wat hy vroeër in die boekwinkel bespeur het met die blondine se hupse wegstapslag. 

Dis sowaar sy, sien hy, en merk dat sy veel mooier is as wat hy kan onthou.

Sy glimlag liefies, sak in haar stoel neer en maak dadelik haar sitplekgordel vas. 

Hy glimlag op sy beurt en voel meteens soos ’n gr. 8-seun wat ’n meisie fliek toe wil vra. Tog gee sy hom nie enige kans om met haar te gesels nie. 

Haar oë is vasgenael op die boek voor haar, selfs terwyl die vlugkelner allerlei verspotte grappies oor die luidsprekerstelsel maak. 

Dis nogal oulik hoe sy op hierdie manier die vervelige noodprosedures effens draagliker probeer verduidelik. 

Dis sowaar sy, sien hy, en merk dat sy veel mooier is as wat hy kan onthou.

Die meisie langs hom moet óf gereeld vlieg óf sy steur haar glad nie aan die moontlikheid dat iets kan skeefloop nie. 

Hy het in elk geval al dikwels gewonder hoekom hulle jou op hierdie vlug vertel hoe om die reddingsbaadjies op te blaas. 

’n Mens vlieg immers nie oor die see tussen Kaapstad en Johannesburg nie. 

Die baadjie gaan jou waarskynlik weinig help wanneer die vliegtuig êrens in die Karoo ’n noodlanding moet doen.

Sy skud haar kop toe die trollie met eetgoed verbykom en lees onverpoosd voort. 

Eindelik kan hy dit nie meer uithou nie en besluit om sy selfopgelegde reël te verbreek.

“Verskoon my,” sê hy skor. Die blondine laat sak haar boek, kyk in sy rigting, en haar koringblou oë maak hom summier week. 

“Ek kon nie help om te sien ons twee het dieselfde boek gekoop nie,” gooi hy die ysbreker in haar rigting.

In ’n ommesientjie gesels hulle spontaan oor Harry Bosch, Michael Connelly en nog vele meer. 

Sy lag uit haar maag toe hy sy misnoeë met Michael Connelly se vroulike speurder te kenne gee. 

“Glo my, Renée Ballard gaan jou nog uitboul. Moenie dink dis net manlike speurders wat speursake oplos nie,” lag sy spontaan. 

“Ek kon nie help om te sien ons twee het dieselfde boek gekoop nie,” gooi hy die ysbreker in haar rigting.

Hy kry meteens skaam vir sy vooropgestelde sienings wat hom al in die verlede dikwels duur te staan gekom het. Die gesprek kring weier uit. 

Sy vertel sy het in die Kaap by haar ouma gaan kuier. Dié is sterwend en sy gaan haar waarskynlik nie weer sien nie. 

Toe ’n traan stadig oor haar wange loop, moet hy homself bedwing om dit nie af te vee nie.

Dan onderbreek die kaptein hul gesprek met die aankondiging dat hulle gereed moet maak vir die landing op O.R. Tambo. 

Meteens is die bekoring verbreek. Dit was die vinnigste vlug ooit van Kaapstad na Johannesburg. 

Met die uitklimslag verdwyn sy soos blits toe die deur aan die agterkant van die vliegtuig oopgemaak word.

Hy staan dikmond en wag terwyl ’n tante stadig in al die oorhoofse kassies om haar grawe om haar besittings bymekaar te kry. Sy staan die paadjie solied vol!

Daar is nie ’n manier om by haar verby te kom nie. Genadiglik het sy nie langs hom beland nie, dink hy terwyl hy stadig tot by 10 tel. En weer van een tot tien.

Toe hy eindelik op die teerblad staan, sien hy die eerste bus met passasiers is reeds weg. 

Hy spring haastig in toe die volgende bus etlike minute later stilhou. 

’n Oomblik lank wil hy haar agternasit om uit te vind of sy nie dalk per abuis sy boek gevat het nie.

Soos altyd voel hy effens benoud in die volgepakte bus. Hy wil nou net so vinnig moontlik by die vervoerband uitkom om sy tas op te pik. 

Die bus dreun voort terwyl die terminaal ál nader kom. Hy hoop hy kan haar nog voorkeer. 

Die blondine. Hy weet nie eens wat haar naam is nie. 

Dan tref dit hom meteens: Waar is sy boek? Sedert hulle aan die gesels geraak het, het hy nog nie weer aan die boek gedink nie. 

Met die bagasierondomtalies in sig sien hy net ’n glimp van die blondekop wat reeds met haar reistas by haar by die skuifdeure uitstap. 

’n Oomblik lank wil hy haar agternasit om uit te vind of sy nie dalk per abuis sy boek gevat het nie.

Te laat! Hy weet ook hy durf nie deurstap en dan wil terugkom nie. Die sekuriteit sal hom beslis voorkeer. 

Dit sal nou raadsaam wees om sy tas te kry en van al die frustrasies te vergeet. Môre sal hy maar weer ’n boek gaan koop. 

Harry Bosch se Renée Ballard het reeds sy aandag genoeg geprikkel dat hy haar nie nou opsy sal kan skuif nie.

Eindelik daag sy tas op. Byna heel laaste. Ou Murphy sou vandag lekker gelag het. 

Toe sy aan die ander kant begin lag, weet hy dat hierdie meisie een met ’n plan is. Hy hou skielik nog meer van haar. Sy is immers ook boekbedinges!

Toe hy eindelik deur die skuifdeure uitstap, kom ’n sekuriteitsman na hom aangestap.

“Excuse me, sir. A lady asked me to give this to the tall man with a brown jacket and bowtie. She has mistakenly taken your book on the plane and would like to return it to you.”

Hy vat die boek verbaas uit die man se hand. Gelukkig het hy vanoggend die strikdas, sy standaardkantoordrag, aangesit. 

Toe hy eindelik by sy kar in die parkade kom, sak die moedeloosheid hom toe. 

Hy sou haar so graag weer wou sien. Hulle het ongelooflik lekker gekuier daar bo in die vliegtuig, en sy het hom ’n paar keer hardop laat lag. 

Hy het selfs daarna begin uitsien om Renée Ballard beter te leer ken. 

Agter die stuurwiel maak hy die boek, wat steeds in sy hand is, oop. 

Voor in die boek, in ’n netjiese handskrif, staan ’n selfoonnommer en ’n naam: Jessie Kemp. Die reuk van rose talm oor die boek.

’n Oomblik lank huiwer hy voor hy die nommer skakel. “Jessie, hallo!” kom die vrolike groet.

“Jessie, dis Pierre Loots. Ek dink ek het jou eksemplaar van The Late Show hier by my. Hoe kan ek dit by jou uitkry?”

Toe sy aan die ander kant begin lag, weet hy dat hierdie meisie een met ’n plan is. Hy hou skielik nog meer van haar. Sy is immers ook boekbedinges!

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.