Talana swaai haar linkerbeen oor die brug se reling en kyk hoe haar plakkie van haar voet afglip. 

Dit dobber in die bergwind voor dit in die verte op die rotse land. 

Sy stut haar sitvlak op die boonste deel en swaai haar ander been oor. Dié keer glip die plakkie nie af nie.

“Ja, Talana, tipies jy,” mor sy deur die trane. “Doen altyd alles half, volgens Herman. En nou staan jy halfgeklee voor jy spring.”

Iemand ry verby en druk ’n toeter. Mm, ek wonder of hulle my groet en of hulle my aanmoedig? dink sy bitter. Ek sal maar glo dis ’n groet.

“Talana! Wag. Moenie dit doen nie!” Talana kyk rond, maar daar is nie ’n mens of kar in sig nie. 

“Nou is jy ook sommer van jou trollie af. ’n Hawelose mal meisie wat stemme hoor,” snik sy wrang. 

“Hoekom kon dinge nie anders gewees het nie?” Haar gedagtes dwaal terug na die afgelope maand se gebeure. 

Eers die naamlose oproep. “Jou man het al twee jaar ’n verhouding met ’n ander vrou wat saam met hom werk. Die vrou het nou ’n baba.”

Die skok van die woorde uit die onbekende vrou se mond het ’n angsaanval by Talana teweeggebring. 

Eers die naamlose oproep. “Jou man het al twee jaar ’n verhouding met ’n ander vrou wat saam met hom werk. Die vrou het nou ’n baba.”

Herman wou opsluit nooit kinders hê nie. Hy het dit immers keer op keer vir Talana vertel. Voor én ná hul troue. 

Teen die tyd dat Herman huis toe gekom het, was haar liggaam in skok. 

Sy onthou vaagweg hoe hy tot haar probeer deurdring het daar waar sy toe sedert middagete op die rusbank gesit het. 

Hy het selfs vir haar ’n warm bad getap om te help ontslae raak van die koue wat in haar liggaam kom lê het. 

Talana kon nie praat nie, en sy wou ook nie hê Herman moet aan haar vat nie. 

Daardie aand het sy al haar klere na die spaarkamer geneem, en sy’t nie weer ’n bed met hom gedeel nie. Sy kon bloot nie.

Herman het ’n week ná die oproep huis toe gekom en vir haar gesê hy weet van die vrou wat haar gebel het. 

Dit was die skelmpie self wat gebel het, want Herman wou Talana nie los vir die ma van sy kind nie. 

“Maar noudat jy in die spaarkamer slaap, is daar seker geen doel aan ’n huwelik nie,” het hy kil gesê. 

Nie een woord wat aandui dat hy jammer is of was oor enigiets nie. 

Dit was die skelmpie self wat gebel het, want Herman wou Talana nie los vir die ma van sy kind nie.

Talana het hom nie geantwoord nie. Net weer teruggetrek in haarself en dagin en daguit voor haar rekenaar gesit en probeer werk aan die boek waarmee sy besig was. 

Meer as ’n week lank kon sy nie een nuwe woord by die storie voeg nie.

Drie weke ná die oproep was daar ’n koevert op die kombuistafel. Herman was reeds werk toe. 

Die woorde wat sy in die dokumente gelees het, het heeldag in haar brein geëggo. 

Dit was ’n egskeidingsooreenkoms, en aangesien sy en hy binne gemeenskap van goedere getroud was, wou hy die helfte van alles hê. 

Insluitend die huis waarin hulle woon. Die huis waarin sy grootgeword en by haar ouers geërf het, en waarin sy en Herman vir altyd sou bly.

Wat kon sy doen? Sy moes teken. Herman het nog dokumente gebring. “Om op die hofrol te sit,” het hy stug gesê. 

Talana het geteken sonder om die papierwerk deur te gaan. Sy het eers agterna uitgevind sy het haar hele huis aan Herman oorgeteken. 

Met sy kontakte in die regte het hy die saak op ’n hofrol laat indruk, het hy haar later leedvermakerig vertel. 

Net vanoggend het hy vir haar gesê sy moet haar goed pak, want hulle is nou amptelik geskei. Hy, sy nuwe poppie en hul kind wil reeds vanaand intrek.

Talana het geteken sonder om die papierwerk deur te gaan. Sy het eers agterna uitgevind sy het haar hele huis aan Herman oorgeteken.

En nou is sy hier... “Dink aan jou kind,” sê die stem van vroeër weer.

“Ek is nie mal nie!” gil Talana skielik vir die diep oopte voor haar. “En ook nie swanger nie!”

’n Kar ry stadig by haar verby, stop en beweeg toe in trurat terug na waar Talana staan. 

Die bestuurder klim stadig uit en maak sy deur sag toe sodat hy haar nie laat skrik nie. 

Toe begin hy stadig na haar toe loop. “Moenie nader kom nie! Ek sal spring!” gil Talana, en haar stem klink hees in haar ore.

“Talana? Is dit jy?” Die man probeer duidelik om die skok in sy stem te verberg, maar hy kry dit nie heeltemal reg nie.

“Gaan weg!” “Dis ek, Petrus. Ons was saam op skool. Toe ek hier verbyry en die vlamrooi hare sien, het ek dadelik teruggedink aan ons skooldae, en wraggies, hier is jy toe,” praat hy sag. 

“Ek het nog altyd gewonder wat van jou geword het.” Talana vee senuagtig haar een swetende hand aan haar denim af en gryp weer aan die reling vas.

Petrus gee ’n tree nader. “Onthou jy daardie dag toe jy Juhanita aan haar twee vlegsels opgetel het toe sy op die paviljoen gesit het? 

Jy het daai klein snob dadelik op haar plek gesit toe sy so lelik met een van die arm kinders gespot het.” Hy gee nog ’n tree nader.

Net vanoggend het hy vir haar gesê sy moet haar goed pak, want hulle is nou amptelik geskei. Hy, sy nuwe poppie en hul kind wil reeds vanaand intrek.

“En onthou jy vir Pruim? Daardie dag sal ek nooit vergeet nie – toe hy jou so geterg het by die jukskeiwedstryd omdat jou een oog toegeswel was van ’n bysteek. Ook maar goed julle het daardie dag die kampioenskapstryd gewen, anders sou hy dit op die bysteek blameer het.” 

Nog ’n treetjie vorentoe.

Talana knip haar oë en draai haar gesig na Petrus. “Jy is mos een van ’n tweeling as ek reg onthou,” praat sy saam.

“Jip. Ons was reeds in st. 8 toe die onnies agterkom daar is eintlik twee van ons,” sê hy en skat hy is nou so twee meter van haar af.

“Onthou jy vir Eben? Hy het ná skool vir die polisie se diamanttak gaan werk en was deel van die ses ouens wat met miljoene rande se diamante verdwyn het. Ek het gehoor dat hy die een ou wat homself wou gaan oorgee, vermoor het en met ’n pot se deksel ’n graf vir die ou gegrawe het.”

Talana sluk. “Eben? Die nerd wat altyd eenkant gesit het?”

“Die einste. Kan jy dit glo? Was jy verlede jaar by die reünie?”

Talana skud haar kop en kyk weg. Petrus spring vorentoe en sy hand gryp Talana se gewrig vas terwyl sy ander arm om haar middel sluit. 

“Kom nou; klim terug, toe? Dan kry ek vir ons koffie en kan ons lekker gesels oor alles wat jou pla.”

“Jy het altyd ’n goeie hart gehad,” glimlag Talana hartseer. Sy kyk na haar voete. “Ek het net een plakkie aan.”

Byna twee jaar later stap Talana aan ’n vriend se sy in ’n kerkie in.

“Jy was nog altyd buitengewoon. Kom ek help jou oor, dan trek ek ook een van my skoene uit om by jou te pas. Wie weet, dalk skep ons twee ’n nuwe mode.”

Later sit hulle in Petrus se kar by ’n padkafee en Talana pak alles in haar verbrokkelde hart uit. 

“Weet jy, toe ek wou spring, het ek ’n stem gehoor wat gesê het ek moenie spring nie,” sê sy bewerig. 

Sy sê niks van die babapratery nie. “Herman het my uit alles,” sug sy. “Ek het geen heenkome meer nie.”

“Herman du Plessis?” vra Petrus. “Ja. Ken jy hom?”

Petrus tik ’n nommer op sy selfoon en sit die luidspreker aan. 

“Jaco, ek sit hier in die kar langs Talana. Ja, die einste. Herman se vrou. Sal jy haar vertel wat jy my vanoggend vertel het, asseblief?”

“Hallo, Talana. Ek is ’n polisieman en is al twee jaar op Herman se spoor. Hy ‘trou’ met vroue wat eiendom besit en verneuk hulle dan uit alles wat hulle het. In die meeste gevalle dink die vroue dat hulle getroud was, maar hy gebruik ’n vals regter om kamma die huwelik te voltrek. Jy en hy was dalk nie wettig getroud nie.”

“Wat? En wat van my huis?” 

“Eiendom neem maande om van hand te verwissel, en dit neem nog langer as die bedrieër agter tralies sit. Soos nou met Herman.”

Later sit hulle in Petrus se kar by ’n padkafee en Talana pak alles in haar verbrokkelde hart uit.

“Wat van sy skelmpie? En die baba?”

“Daar was nooit ’n skelmpie of baba nie. Dit is deel van die bedrog. Hy betaal iemand om die oproep te maak.”

Talana bars in trane uit. “Wat nou?” vra Petrus. 

“Dis van verligting. Ek kon nou dood op die rotse gelê het, en vir wat?” sê sy.

Herman word later vir 40 jaar tronk toe gestuur op vele aanklagte van bedrog en diefstal teen hom.

Byna twee jaar later stap Talana aan ’n vriend se sy in ’n kerkie in.

Petrus wag haar voor die preekstoel in en sommer gou is hulle mnr. en mev. Geyer. 

Petrus dra sy vrou oor die drumpel van hul nuwe huis en soen haar. 

“Welkom tuis,” fluister hy sag.

Drie maande later lui Talana se selfoon. ’n Onbekende nommer. Sy droog haar hande af en druk die groen knoppie. 

“Hallo, Talana. Ek is ’n polisieman en is al twee jaar op Herman se spoor. Hy ‘trou’ met vroue wat eiendom besit en verneuk hulle dan uit alles wat hulle het. In die meeste gevalle dink die vroue dat hulle getroud was, maar hy gebruik ’n vals regter om kamma die huwelik te voltrek. Jy en hy was dalk nie wettig getroud nie.”

“Sien jy nou? As jy daardie dag gespring het, sou jy nie swanger kon raak nie. Baie geluk met jou dogtertjie.” 

Die foon gaan dood. Talana gaan sit verwonderd op die bank. Dalk het sy die hele oproep gedroom? 

Die privaat nommer wys dan nie eens in die lys waar haar oproepe verskyn nie.

Skaars ’n maand later staan Talana met blosende wange in haar dokter se spreekkamer. 

“Positief? Dis fantasties!” sê sy bewerig, en Petrus druk haar styf vas. 

“Ons gaan dit beslis vier,” knipoog hy toe hulle ry. “Niealkoholiese sjampanje vir jou, natuurlik. Dan kan ons gis oor moontlike name vir ons seuntjie of dogtertjie.”

“Dis ’n dogtertjie,” sê Talana. “En hoe weet jy dit?” terg Petrus.

“ ’n Engel het my vertel. Is die lewe nie wonderlik nie?”

“Beslis. Met jou aan my sy sien ek vir enigiets kans. En as ’n engel jou vertel het dat ons ’n dogtertjie gaan hê, hoekom noem ons haar dan nie Engela nie?”

“Mm, ek hou daarvan.” Sy sit haar hand op haar magie. 

“Ek het ’n idee dat sy altyd iemand sal hê wat na haar sal omsien. Ons Engela.”