“Jy hoor nie ’n woord wat ek sê nie.” Esté Viljoen kyk half verwytend na die donkerkop joernalis-kollega van haar wie se vingers vlinderlig oor haar slimfoon beweeg. 

“Gister het jy nog gekla oor mense wat so verstrik raak in elektronika dat hulle kwalik meer kan kommunikeer.”

Lelia kyk op. “Jammer, Es. Ek moes net gou hierdie boodskap stuur. Ek het my mos tot sekretaresse laat verkies in die herwinningskomitee van ons meenthuiskompleks. Ek moes net gou die ander inwoners aan die vergadering môreaand herinner. Daar’s hy. Klaar.”

“Is jou aandag nou by my?” “Ten volle.”

“Ek voel skielik...ongedurig oor vanaand.”

“Jy’t dan die afspraak namens my gemaak, Es. Jy het daarop aangedring.”

“Ek weet, Lelia. Ons was almal saam op universiteit. As Daniël Viljoen nie my voete onder my uitgeslaan het nie, het ek ’n vangstrik vir Dawid gestel. Hy is slim, aantreklik, ’n mens-mens en...Wel, ek het net gevoel julle albei verdien dit om weer gelukkig te wees.”

“Dan verstaan ek dit nie. Wat pla jou? Dis ’n ete – by een van dié eetplekke in Sandton. Ons ontmoet mekaar daar en óf ons kliek óf ons sien mekaar nooit weer nie. Ek het na vanaand begin uitsien, Es. Francois is amper drie jaar dood en die gemis aan ’n man in my lewe is sielsuitmergelend – nie dat ek Francois ooit kan vervang nie, maar die alleenheid veral oor naweke is ellendig.”

“Ek is seker net simpel. Toe ek nou die dag Dawid se stem hoor, het ek dadelik geweet ek wil julle aan mekaar voorstel. Jy’s ’n ondersoekende joernalis; hy’s ’n kriminoloog en profileerder in die polisiediens. Julle belangstellingsvelde stem ooreen, en hy is ook al ’n ruk alleen. Sy verloofde het hom afgesê net voor hy vir twee jaar by Interpol in Engeland gaan werk het. Dit was vir hom ’n geweldige skok, en hy het hom in sy werk be­­grawe. Hy het voor die tyd vir Daniël vertel hy het gehoop om haar as sy vrou saam te neem Engeland toe.”

“Ek weet, Lelia. Ons was almal saam op universiteit. As Daniël Viljoen nie my voete onder my uitgeslaan het nie, het ek ’n vangstrik vir Dawid gestel. Hy is slim, aantreklik, ’n mens-mens en...Wel, ek het net gevoel julle albei verdien dit om weer gelukkig te wees.”

Lelia eien Dawid Schützler onmiddellik aan Esté se beskrywing. Hy sit reeds by ’n tafel. Sy glimlag. 

Esté het gesê die man het baie kroontjies, en die ligte man se hare staan selfs op dié afstand wild. Hy kyk rond. Daar sien hy haar nou. 

Sy glimlag en staan gebeur gelyktydig. Hy stap vinnig in haar rigting, steek sy hand uit. “Dawid Schützler.” 

Sy handdruk is warm. Sy blou oë se ondersoekende kyk ontstig haar, maar sy antwoord gewoon.

“Aangename kennis. Lelia Streicher.”“Aangename kennis, Lelia Streicher.” 

Dawid registreer die prentjie van die slanke vrou met die donker oë en die eenvoudige, sjiek swart rok met een oogopslag. 

Spontaan sê hy: “Nou is ek éérs bly jy het ja gesê. Sal ons gaan sit?” 

Hy vat haar lig om haar skouers en Lelia voel ’n holte in die omgewing van haar midderif, haar keel skielik kurkdroog. 

Sy het al vergeet hoe gekoester dit jou laat voel wanneer ’n man sy arm beskermend om jou sit.Hemel! 

Is dit moontlik dat sy besig is om verlief te raak op dié man wat sy net 10 sekondes gelede vir die eerste keer in haar lewe gesien het? 

Sy handdruk is warm. Sy blou oë se ondersoekende kyk ontstig haar, maar sy antwoord gewoon.

Lig loop, Lelia, sê sy vir haarself. Moenie toelaat dat ’n mooi stem, ’n ongetemde bos donkerblonde hare, vonkelblou oë en ’n “oog wat nie wyk” jou voete onder jou uitslaan nie. 

Jy is veronderstel om ’n slim-siniese joernalis te wees, nie ’n hoërskoolmeisie op ’n universiteitsdans nie.Dawid wag dat sy sit voor hy omstap en oorkant haar weer met sy rug teen die muur gaan sit.

“Wil jy iets drink voor ons wyn bestel?” vra hy ná ’n hele paar oomblikke van stilte tussen hulle, en sy besef hy weet dis vir haar moeilik om weer in ’n afspraaksituasie te wees.

“Koue water sal lekker wees,” sê sy en kom agter haar stem is onvas. Hy wink die kelner nader en plaas die bestelling vir twee glase koue water en suurlemoen.

“Besef jy ons is albei van Duitse afkoms?” “Jy bedoel ons vanne?” vra sy.

“Wat ek nooit besef het nie – ’n oom van my het ’n genealogiese studie gedoen – is iets oor die 60% van die Afrikaanssprekende wit bevolking is hoofsaaklik van Duitse afkoms, ongeveer 17% is Hollands, en die res is Skots of Frans of selfs Skandinawies, Russies, ensovoorts. Voor dit het ek altyd gedink ons stam hoofsaaklik van die Franse en Hollanders af.”

Lelia is dankbaar dat hy dadelik oor koeitjies en kalfies begin gesels sodat sy kan ontspan. Dan vra hy direk: “Hoe lank gelede is jou man in die motorongeluk oorlede, Lelia?”

Tot haar verbasing en verleentheid skiet Lelia se oë vol trane. Wat is dit met haar? Sy sluk en kry haar bewende dia-fragma onder beheer. “Amper drie jaar.”

Hy antwoord nie dadelik nie. Eindelik sê hy simpatiek: “Esté het ook vir my gesê – ek hoop nie jy gee om nie – dat julle baie lief was vir mekaar.”

Ná ’n ewigheid kyk Lelia op, glimlag skewerig.“Ja, hoe absurd dit ook al kan klink. Ek dink van tyd tot tyd as ek nie so verknog was aan hom nie, sou dit dalk makliker gewees het om weer by ’n enkelloper- bestaan aan te pas.”

Lig loop, Lelia, sê sy vir haarself. Moenie toelaat dat ’n mooi stem, ’n ongetemde bos donkerblonde hare, vonkelblou oë en ’n “oog wat nie wyk” jou voete onder jou uitslaan nie.

“Hier is ons water,” sê hy sodat sy tot verhaal kan kom.“Dankie.”

“Ekskuus, ek het nie gevra waar jy wil sit nie. Dalk hou jy nie daarvan om met jou rug na die mense te sit nie.”

“Ja, ek verkies ook om rug teen die muur te sit, soos jy, wanneer ek alleen is, maar ek sal graag eerder hier links van jou sit.”

Hy staan op om haar te help skuif en wink dan weer die kelner nader sodat hulle wyn kan bestel. Lelia kom agter dat Dawid se oë telkens oor die mense flits.

“In polisiewerk word dit seker tweede natuur om waaksaam te wees,” en Lelia glimlag om haar uit-die-bloute-opmerking te versag. Hy lag.

“Jammer. Is my rondkykery so ooglopend of is jy net baie opmerk­saam? Ek moet onthou jy is ’n ondersoekende joernalis.”

“Ja, ek vrees dit word ook tweede natuur – die opmerksaamheid.”

Sonder om name te noem vertel Dawid vir Lelia van die soort sake waarby hy die afgelope paar jaar in die buiteland betrokke was, veral kommersiële bedrogsake waarby heelwat politiek betrokke is – in ’n paar gevalle ook moord.

“ ’n Mens kom gou agter die tentakels van die meeste misdaad strek deesdae ver en wyd. Georganiseerde misdaad is gewoonlik nie net tot een bepaalde land beperk nie. Sodra jy met dinge soos dwelms, grootskaalse smokkelary en mensehandel te doen het, verdwyn grense.”

Op haar beurt vertel Lelia hom van korrupsiesake wat sy nagespeur en wat in die hof gedraai het. 

Sonder om name te noem vertel Dawid vir Lelia van die soort sake waarby hy die afgelope paar jaar in die buiteland betrokke was, veral kommersiële bedrogsake waarby heelwat politiek betrokke is – in ’n paar gevalle ook moord.

“ ’n Paar van ons moes oor daardie tydperk polisiebeskerming kry.” Sy lag.

 “ ’n ‘Black Maria’ word later so bekend soos die binnekant van jou eie ryding.”

“Jy is baie mooi wanneer jy lag, Lelia. Dis asof jy alle skaduwees in ’n vertrek verlig.”

Sy kyk eerste weg. Haar bestaan is ’n tweede keer in haar lewe besig om drasties te verander.

Sy voel Dawid se regterhand oor haar linkerhand sluit – warm, gerusstellend – asof hy presies weet hoe sy voel.

“Moenie bang wees nie. Ons doen die balanseertoertjie saam en versigtig; voel-voel. Ek het nog nooit tevore so gou iets vir iemand begin voel soos met jou nie, maar ons het albei al ’n ruk geleef. Ons gaan nie die berg stormloop nie.”

Lelia snak liggies toe Dawid haar hand skielik stywer druk en fluister: “Moenie dadelik kyk nie, maar ’n groep mans het pas hier ingekom – ses in swart pakke. Nou nog drie mans en twee vroue. Die eerste ses is lyfwagte – duidelik gewapen. Dis klaarblyklik belangrike gaste, want die eienaar vergesel hulle persoonlik na twee bespreekte tafels. Sodra hulle sit, is hulle direk in jou gesigsveld; dan sal jy subtiel kan kyk.”

Op daardie oomblik kom die kelner met hul wyn daar aan.“Ek stel voor ons drink op ’n besonderse aand,” sê Dawid nadat die kelner weg is. 

Sy glimlag en hulle klink glase. Dan sien sy ’n beweging uit die hoek van haar oog, en haar gesig verstar.“Wat is dit, Lelia?”

“Ek herken die twee mense daar oorkant, die mense wat jy sien inkom het.”

Dawid aarsel nie. Hy neem Lelia se glas uit haar hand en beduie met sy oë na onder die tafel. Toe klap die eerste skoot.

Dawid fluister ook. “Is jy seker?” “Doodseker. Dit was tydens die laaste hofsaak. Die getuienis was nie voldoende nie, maar almal weet hy is by georganiseerde misdaad betrokke.”

Dawid se oë flits soontoe. Op daardie oomblik staan ’n man by die tafel langsaan op en rig ’n wapen op een van die gaste. 

Dawid aarsel nie. Hy neem Lelia se glas uit haar hand en beduie met sy oë na onder die tafel. Toe klap die eerste skoot. 

Dawid sak ook onder die tafel in en trek Lelia teen hom vas. Hy haal sy selfoon uit en druk ’n noodknoppie. 

“Drikus. Chez Louis, Sandton. Hier’s ’n situasie. Skote word afgevuur. Ek en my meisie skuil onder ’n tafel.”

“Ek en my meisie” is al wat Lelia registreer. “Dit klink interessant, eintlik opwindend,” fluister sy toe hy die foon dooddruk. “Wat?” “Ek en my meisie.”

Ek dink dit is hoekom jy ‘ongedurig’ gevoel het,” sê Lelia die volgende oggend in die koerantkantien vir Esté. 

“Jy het duidelik ’n soort voorgevoel gehad oor die drama in Sandton.”

“Dalk, ja. Gelukkig is jy toe ter plaatse om die storie deur te bel vir Tom-hulle by misdaad. “Eind goed, alles goed.”

“Iets baie interessants: Weet jy wat Dawid se van – Schützler – in Afrikaans beteken?” “Nee. Wat?” “Beskermer.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.