Elaine streel die donkie se rug. “Ai, ou Dino, vandag is dit finaal verby. Janco gaan ewige trou aan Mercia beloof, dan sal ek nie langer hier op die plaas kan bly nie. Dit maak te seer.”

“Praat jy sowaar met ’n donkie?” vra Janco skielik agter haar.

Sy bloos en hoop hy het haar nie gehoor nie. “Luister jy my af as ek met ou langoor praat?” 

Sy wil gil tot haar longe brand: Jy maak ’n fout! Sy ken Mercia sedert hoërskool. 

Die blonde bom wéét dat sy gewild en mooi is en boonop die dogter van ’n welbekende sakeman. 

Janco Conradie is ’n suksesvolle makadamiaboer en perdeteler, en dan is hy boonop aantreklik met sy donker krulhare en saffierblou oë. 

Dus was hy die perfekte vangs vir ’n sosiale vlinder wat ’n hoë profiel handhaaf.

“Elaine, ek wil dankie sê vir alles. Jy is nie net ’n uitstekende kantoorbestuurder nie; jy is ook ’n wonderlike vriendin vir my. Ek weet nie hoe jy dit vermag het nie, maar om al my sake te behartig in my afwesigheid tussen die troureëlings deur wil gedoen wees.”

Dit verg radikale selfbeheersing om nie in trane uit te bars nie. 

“Dis waarvoor vriende daar is, Janco. Toe toe, gaan nou, jy moet nog in jou tuxedo kom en ons wil nie hê jy moet na donkie ruik op jou groot dag nie.”

Elaine streel die donkie se rug. “Ai, ou Dino, vandag is dit finaal verby. Janco gaan ewige trou aan Mercia beloof, dan sal ek nie langer hier op die plaas kan bly nie. Dit maak te seer.”

Hy lag. “Ek begin dink jy en hierdie donkie verstaan mekaar. Hy was wilder as ’n orkaan toe ek hom verlede jaar hier aangebring het. Tot jy hom onder jou vlerk geneem het. Nou is ou Dino al byna deel van die familie. Ek is net so dankbaar dat jy hom gekoop het toe dronk Faan hom wou skiet.”

Bets Conradie, Janco se ma, klink uit­asem toe sy Dino se stal bereik. “Janco, ek soek die wêreld vol na jou! Jou strooijonker wag.”

Hy pik ’n soentjie op Bets se voorkop. “Ontspan, ma, daar is nog tyd. Ek is op pad, voor julle twee dames my verder roskam.”

Janco verlaat hulle op ’n drafstap. Bets lyk bekommerd en Elaine merk daar is donker kringe onder haar oë. “Is alles reg? Tannie lyk moeg.” 

“Elaine, my seun is ’n volwasse man en ek het nie die reg om in sy lewe in te meng nie. Maar hy gaan seerkry. Mercia is nie die vrou vir hom nie.”

Bets se onverwagte mededeling betrap haar onkant. “Tannie Bets! Ek het nie besef dis tannie se gevoel jeens Mercia nie.”

“Ai, my kind, Mercia Malan is slegte nuus. Ek het so gebid dat jy en Janco moet afhaak.”

“Tannie, hy is lief vir haar en ons moet dit respekteer.”

“Elaine, ek glo in wonderwerke. Die trougebooie is nog nie afgelê nie. Mag die Voorsienigheid vandag ingryp!”

Toe Bets wegstap, ervaar Elaine emosies van weemoed en blydskap. 

“Elaine, my seun is ’n volwasse man en ek het nie die reg om in sy lewe in te meng nie. Maar hy gaan seerkry. Mercia is nie die vrou vir hom nie

Blydskap omdat die vrou wat vir haar soos ’n ma voel, pas gesê het dat sy haar wat Elaine is as ’n skoondogter sou verkies. 

En weemoed omdat sy ná vandag gaan afskeid neem van ’n lewe hier op Mopaniedraai, die plaas waar sy haar hart gevind en verloor het. Sy streel vir oulaas oor Dino se rug. 

“Ek gaan jou mis, ou Dino. Dis net jy wat weet dat my hart in duisend stukkies gebreek het. Ek wens jy kon my ’n antwoord gee. Dink net as jy ook kon praat soos Bileam se donkie in die Bybel?”

Mercia Malan bewonder haar beeld in die groot spieël.“Jy lyk asemrowend!” koer haar strooimeisie, Cheree. 

“Vandag gaan Elaine Koster groen wees. Die arme ding. Het sy sowaar gedink ’n dish soos Janco gaan haar raaksien?”

Mercia lag. “ ’n Vrou moet weet hoe. Elaine is nie die soort vrou wat in gegoede kringe sal pas nie. Sy is platvloers. My aanstaande skoonma is mal oor haar, maar ek trou nie met Bets nie, so haar mening staan my nie aan nie. As ek klaar is met Janco, verkoop hy die plaas en belê in pappa se onderneming. Dan kan Bets maar op die dorp gaan bly.”

Mercia draai selfversekerd voor die spieël. Haar noupassende ivoorkleurige rok met tientalle Swarovski-kristalle lyk lieflik met haar bruingebrande kaal rug. 

“Kom, vriendin, tyd om vir die gaste te wys hoe die bruid van die jaar lyk.”

Die markiestent in die Conradies se swierige tuin is keurig versier in goue satynlint en roomkleurige rose. 

Die gaste neem in stoele weerskante van die rooitapyt plaas wat na ’n blomversierde kansel lei. 

Blydskap omdat die vrou wat vir haar soos ’n ma voel, pas gesê het dat sy haar wat Elaine is as ’n skoondogter sou verkies.

Elaine neem haar plek in die tweede ry in, reg oorkant die bruidegom. 

Voor die kansel draai hy om en wuif die gaste met ’n senuagtige glimlag toe. Vir ’n oomblik ontmoet sy oë Elaine s’n. Daar is ’n vreemde uitdrukking op sy gesig. 

Elaine lyk verruklik in ’n smaraggroen skouerlose rok. Haar donkerbruin hare hang golwend oor haar skouers. 

Sy staar na haar hande en bid dat hierdie marteling nie uitgerek sal word nie.

Sagte vioolmusiek vul die markiestent. Dan kom die bruid aan die arm van haar pa op die maat van Mendelssohn se mars ingesweef. 

Die gaste staan op terwyl blomme­meisies roosblare voor haar op die rooitapyt strooi. 

Daar is ’n smalende trek om haar mond toe sy vlugtig na Elaine kyk.

Past. Benade neem sy plek agter die kansel in toe die troumars verstil. “Geliefdes, ons is vandag hier vergader...” 

Maar hy word deur ’n histeriese pandemonium onderbreek. Van die gaste hardloop verward rond. Stoele val om.

“Keer die donkie!” gil Mercia benoud. Maar Dino galop met ’n vaart tot by die kansel. Past. Benade duik betyds weg. 

Sagte vioolmusiek vul die markiestent. Dan kom die bruid aan die arm van haar pa op die maat van Mendelssohn se mars ingesweef.

Dino lig sy agterpote en skop die massiewe roosruiker op die koperstaander om; toe tref sy agterlyf die bruidspaar. Mercia val bo-op Janco. 

Die strooimeisie en strooijonker probeer die situasie red, maar Cheree se spykerhak haak aan Mercia se rok vas. Sy beland tussen gebreekte rose.

Mercia kom orent. Sy is histeries, en Janco se pogings om haar te kalmeer val op dowe ore. “Skiet daai verdomde donkie vrek!”

Dino verlaat die markiestent on­gesteur. Maar Mercia se keerwal het gebreek.

“Janco, as ons huwelik vandag voltrek is, sál jy hierdie plaas met sy stinkende donkie en perde verkoop.”

Die bruidegom beur orent; die frons op sy voorkop verdiep. 

“En ás ek die plaas verkoop, Mercia, wat dan? Waar gaan my ouers woon? My ma het hier grootgeword.”

Haar oë blits. “Ek gee nie om waar hulle bly nie. Jou plig lê by my.” Dan glimlag sy liefies. “My skat, ons sal alles uitwerk. Liefde oorwin altyd.”

Janco staan arms gevou voor haar. “Mercia, jy is reg. Liefde oorwin alles, maar ’n vrou wat nie die waarde van familietradisies besef nie, sal nie by my soort lewe kan inpas nie.”

“Janco, moenie toelaat dat hierdie voorval ons uitmekaardryf nie.”

Mercia kom orent. Sy is histeries, en Janco se pogings om haar te kalmeer val op dowe ore. “Skiet daai verdomde donkie vrek!”

Bets druk haarself tussen haar seun en Mercia in. “As my seun jou vandag sy vrou maak, is hy dommer as wat ek gedink het!”

“Hou jou hier uit, Bets! Ek trou met jou seun, nie met sy familie nie.”

Janco praat harder as wat hy beplan het. “Mercia, jy is ’n bedorwe brokkie. Ek laat my nie manipuleer nie. Ek het die afgelope tyd baie getwyfel; gewonder of ek ’n fout maak. Om die kroon te span het ek ál meer aan ’n sekere vrou gedink. Dino die donkie het my vandag die grootste guns bewys.”

Hy draai na die gaste. “Vriende en familie, daar gaan nie vandag ’n huwelikseremonie wees nie. Maar julle is meer as welkom om tot laatnag toe saam met ons partytjie te hou. Al daardie heerlike kos kan nie verlore gaan nie.”

Mercia verlaat die plaas al swetsende saam met haar familie en gevolg.

Elaine is skaars bewus van die chaos om haar. Janco se woorde eggo deur haar brein: “Ek het ál meer aan ’n sekere vrou gedink.” 

Sy wil nie weer hoop nie...“Mag ek maar langs jou sit, skone dame?” onderbreek Janco haar malende ge­dagtes. Sy antwoord nie; knik instemmend.

“Elaine, ek het die afgelope paar dae ’n geweldige tweestryd beleef. Ek kon jou nie uit my gedagtes kry nie en het gehoop dat jy my net een teken sou gee dat jy iets meer as vriendskap vir my voel.” 

“Toe ek jou daar by Dino se stal sien, het ek geweet ek maak die grootste fout om met Mercia te trou. Hoekom kon ’n pragtige vrou soos jy nie op my verlief raak nie?”

Die aanraking van sy skouer teen hare laat elke greintjie van haar vroulikheid juig. 

Bets druk haarself tussen haar seun en Mercia in. “As my seun jou vandag sy vrou maak, is hy dommer as wat ek gedink het!”

“Janco, ek is mal oor jou, maar ek het gedink jy beskou my net as ’n vriendin. Vanoggend het ek nie geweet hoe ek hierdie heldag gaan omkry nie.”

Hy trek haar nader. “Meisiekind, ek is so jammer. Nou gaan jy nie meer hard to get speel nie en ek gaan alles in my vermoë doen om jou hart volkome myne te maak.”

Hul lippe ontmoet. Elaine probeer nie die trane keer nie. 

Trane van volkome geluk in die arms van die man wat sy liefhet.

Bets Conradie beskou die twee jong mense met ’n juigende hart. 

Sy het nog altyd ’n sterk geloof gehad, maar het nie besef dat haar gebed beantwoord sou word in die vorm van ’n donkie nie. 

Môre wil sy vir Dino met sappige wortels bederf. 

Wanneer die gaste vanaand in die saal dans, weet sy wat haar liedjieversoek aan die orkes gaan wees: O, die donkie is ’n wonderlike ding! 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebook, en teken gerus in op ons nuusbriewe.