Lees vir my nog ’n storie, Mamma!” Corlea sit die boek neer waaruit sy sopas klaar gelees het en tel nog een op van die stapeltjie langs die bed wat sy vir die vakansie ingepak het.

Sy begin met die volgende storie. “Eendag was daar ’n ongelukkige varkie...”

“ ’n Varkie!” roep klein Karlatjie opgewonde uit. “Hoekom was hy ongelukkig? Het hy ook sy werk verloor soos Pappa?” 

Karla se hele gesiggie val sommer terwyl sy haar klaar in die storie inleef.

’n Oomblik lank kyk Corlea moedeloos oor haar skouer. In die sitkamer is haar man teen die flikkerende liggies van die Kersboom gesilhoeëtteer.

“Nee, Karla. Varkies kan nie hul werk verloor nie. Varkies werk nie soos mense nie.” 

Dit neem haar ’n volle driekwartier, en nog twee stories, voor die kleinding eindelik droomland binnevaar.

Corlea trek die duvet oor haar kaal skouertjie, trek die deur op ’n skrefie toe en stap na die sitkamer, waar haar man steeds bewegingloos langs die flikkerende Kersboom sit.

Sy gaan sit op die leunstoel langs Ockert. “Sy slaap eindelik,” sê Corlea.

Hy kyk op asof hy haar vir die eerste keer sien. “Ek sal vir jou gaan wyn haal,” sê hy en staan op.

’n Oomblik lank kyk Corlea moedeloos oor haar skouer. In die sitkamer is haar man teen die flikkerende liggies van die Kersboom gesilhoeëtteer.

Met hom uit die sitkamer voel Corlea vreemd verlig. Skielik kan sy die see hoor. Wanneer sy naby haar man is, is sy blote teenwoordigheid soos ’n swartgallige kleed wat oor alles hang en haar sintuie heeltemal uitdoof.

’n Minuut of wat later kom hy terug en die swartgalligheid is saam met hom terug. Hy trek dit soos ’n kleed al agter hom aan. In sy hand dra hy haar wynglas.

Toe hy weer gaan sit, is dit asof hy dieper as tevore in sy leunstoel weggesak het. 

“Hoe laat kom Jaco-hulle môre?” vra sy terwyl sy ’n slukkie neem. Die glas is net halfvol. 

“Ek weet nie,” brom hy sonder belangstelling. “Jaco-hulle is jou vriende. Hulle het spesiaal die strandhuis langs ons gekoop om naby ons te wees. Ek sou dink jy sou bly wees om hulle te sien. Gaan jy môreaand braai?” Geen antwoord nie.

Die atmosfeer in die sitkamer is meteens vir Corlea te beklemmend. Glas in die hand staan sy op en stap kombuis toe om te kyk hoe die kos in die oond vorder.

Ockert se vriend Jaco en sy vrou, Magda, daag vieruur die volgende middag op. Ockert is al op sy tweede bier, en die braai is darem skoongemaak. Corlea het ’n klompie tjops uitgehaal om te ontvries en is besig met ’n slaai toe die strandhuis se voordeurklokkie lui.

Sy stap deur toe om hulle te verwelkom. Hul motor staan reeds in die oprit van die huis langsaan geparkeer, en Jaco is besig om tasse uit die kattebak te haal. Magda val die huis in met ’n gelag en ’n groot omhelsing vir Corlea.

“Hallo, hallo! Hêppie, hêppie Kerstyd! Eindelik! Ons het gedink die vakansie gaan nooit aanbreek nie.” Jaco volg kort daarna. 

Tot haar verbasing merk Corlea dat hy baie ouer lyk as toe sy hom laas gesien het. En hy het minstens 10 kg om die middel aangesit. 

Die atmosfeer in die sitkamer is meteens vir Corlea te beklemmend. Glas in die hand staan sy op en stap kombuis toe om te kyk hoe die kos in die oond vorder.

Sy steek haar hand uit om hom te groet, maar sy selfoon is met sy regterhand teen sy oor vasgeklem. Hy is in die middel van ’n gesprek.

“Ek het die fakture gestuur, Marnus, gister al...”

Ockert staan nader, en Jaco skakel eindelik sy foon af. “Dit hou nooit op nie,” sug hy verskonend. “Haai, almal!”

“Karla, kom groet vir oom Jaco-hulle!” roep Corlea met ’n gemaak-vrolike stem. “Koffie, Magda, of wil julle sommer wegspring met ’n wyntjie?”

“Jaco sal ’n bier drink,” sê Magda. “Is dit oukei as ek eers ’n bietjie ontspan hier by jou in die kombuis met ’n koppie tee?” Dan strek sy haar arms uit toe Karla binnekom, teddiebeer in die hand, en groot glimlag. “Kom hier, kleinding, hoe gaan dit nog met jou?”

“Vertel, vertel!” sê Corlea gemaak-­opgewonde terwyl sy water kook. “Hoe gaan dit met julle?” 

Tot haar verbasing antwoord Magda nie dadelik nie. Sy kyk eers vlugtig oor haar skouers asof sy wil seker maak niemand hoor haar nie.

“Tussen jou en my,” sê Magda in ’n vertroulike stem, “dit gaan nie goed met ons huwelik nie. Ek weet dit klink baie ondankbaar, maar partykeer wens ek my Jaco en jou Ockert kan plekke ruil.”

Van buite af klink ’n luide gelag op. Jaco het seker weer een van sy blondine-grappies vertel.

“Maar Magda, hoe kan jy so sê? Julle kan jul sterre dank. Hoeveel bemarkers is nog oor nadat hulle die maatskappy se personeel afgeskaal het?”

“Hallo, hallo! Hêppie, hêppie Kerstyd! Eindelik! Ons het gedink die vakansie gaan nooit aanbreek nie.” Jaco volg kort daarna.

“Nie baie nie,” sug Magda. “Dis een rede hoekom Jaco so besig is. Hy werk elke aand laat. Die stres op hom is ongelooflik. Hy is na ’n hartaanval toe op pad as jy my vra...”

Sy gooi twee teelepels suiker in haar tee en roer verwoed.“Ek weet Ockert is nou ledig, maar hy het ten minste ’n goeie pakket gekry. Ek beny julle jul tyd saam. Met mekaar, en met Karla.”

Behendig sny Corlea ’n komkommer in skywe om dit by die slaai te voeg. “Ek dink Ockert is depressief, Magda,” sê sy. “Die aflegging het sy selfvertroue geknou.”

Nog ’n luide mannegelag klink van die braai-area op. “Dit klink nie so nie,” sê Magda met twyfel in haar stem.

Teen tienuur die aand het Jaco duidelik te veel biere gedrink en raak hy aggressief. Die blondinegrappies maak plek vir rassistiese tirades.

“Regstellende aksie is ons ondergang!” roep hy uit. “Dis hoekom hoofkantoor ouens soos ons pos, Ockie. Ek is waar­skynlik volgende.” Hy het intussen van bier na whisky oorgeslaan. Hy lig sy glas op in die lug. “Op die goeie ou tye!”

Ockert sê niks. Hy het ’n vreemde kyk in sy oë. Hy kyk na sy ou vriend Jaco asof hy hom vir die eerste keer raaksien. 

Magda staan op en sê taktvol: “Ek sal jou help om die borde kombuis toe te neem, Corlea. Dis jammer julle het nie meer ’n hond nie; kyk hoe baie lekker bene is hier!”

Sonder ’n woord staan Corlea op om haar te volg. Die aand is aan die uitrafel. As dit nou so gaan, hoe gaan dinge teen Kersfees wees?

In die kombuis begin sy om vir haarself ’n glasie wyn te skink. Sy is nog nie klaar nie toe Magda skielik vra: “Het Ockert al ooit sy hand vir jou gelig?”

Taktvol maak Corlea die kamerdeur toe en gaan sit in die sitkamer. Haar halfvol glas wyn staan nog waar sy dit langs haar leunstoel gelos het. Die ligte is af in die kamer en net die Kersboom flikker.

Sy maak die yskas toe en kyk verbysterd na haar vriendin.

“Nee, hemel, Magda, hoekom sal hy so iets doen? My man is dalk depressief en in homself gekeer, en ja, hy is selfgesentreerd en kommunikeer swak, maar hy was nog nooit ’n vroueslaner nie...Wat laat jou aan so iets dink?”

Woordeloos lig Magda haar bloes op. Corlea trek haar asem skerp in. Haar maag is pimpel en pers.  Elfuur die aand is Karla nog wakker. En die storieboeke is op.

Van die stoep langsaan klink die geskree steeds soos Magda en Jaco baklei. Karla se ogies is verskrik.

Ockert staan in die deuropening. “Ek sal vir haar ’n storie vertel,” sê hy.“Hier is nie meer boekies nie.”

“Ek maak dit sommer op,” sê Ockert. “Weet jy dat ek jare gelede amper ’n kinderboekskrywer geword het?” Hy gaan by sy dogter sit.

“Jaaa!” roep Karla opgewonde. “Pappa se stories is die beste! Pappa het lank laas vir my ’n storie vertel!” 

Taktvol maak Corlea die kamerdeur toe en gaan sit in die sitkamer. Haar halfvol glas wyn staan nog waar sy dit langs haar leunstoel gelos het. Die ligte is af in die kamer en net die Kersboom flikker.

Langsaan is die gestry luider. Meteens is daar die geklap van motordeure. 

“Moet ek gaan kyk?” wonder Corlea. “Slaan hy haar regtig...?”

“Ek is jammer ek het julle afgeskeep, Corlea. Ek was baie terneergedruk. Ek het so opgesien daarteen om Jaco-hulle te sien, want ek was so jaloers op hom dat hy nog sy werk het. Maar ek het vanaand besef ek wil nie met hulle plekke ruil nie.”

Sy hoor ’n enjin. Sy stap uit op haar eie stoep, net betyds om te sien hoe die egpaar van langsaan met ’n vaart wegtrek en ry. Hul huis is in donker gehul.

Sy gaan weer sit met ’n hart wat vinnig klop. Ockert staan skielik in die donker langsaan haar. Slaap Karla so vinnig? Sy het hom nie eens hoor inkom nie.

“Jou glas is halfleeg,” sê hy.“Hoe de hel het jy Karla so vinnig aan die slaap gekry?” vra sy. “Die storieboekies is op.”

Daar is ’n glimlag in sy stem toe hy antwoord. “Ek dink die stories uit. Hulle kom vanself.” Dis die eerste keer in maande dat hy glimlag.

Hy kom sit langs haar in die halfdonker. 

“Jaco-hulle is weg.” 

“Ek weet.”

“Dit gaan nie goed met hulle nie.” 

“Ek het so agtergekom.”

Hy staan op. “Ek gaan vir my ’n bier kry,” sê hy, “en jou glas vol maak.”

“Ockert,” sê sy, en hy staan weer stil.

“Ja?”

“Dis dalk ’n goeie ding jy het jou werk verloor. Ons is nie nou baie ryk nie, maar jy het meer tyd as ander pa’s om saam met jou gesin deur te bring.”

Hy kom sit weer langs haar en trek sy stoel nader.

“Ek is jammer ek het julle afgeskeep, Corlea. Ek was baie terneergedruk. Ek het so opgesien daarteen om Jaco-hulle te sien, want ek was so jaloers op hom dat hy nog sy werk het. Maar ek het vanaand besef ek wil nie met hulle plekke ruil nie.”

“Dis die prys van sukses,” sug Corlea. “En dis ’n duur prys.” Sy sug. “Veels te duur.”

Hy wys na haar glas. “Jou glas is nog steeds halfleeg.”

“Nee,” sê sy. “Dis halfvol.”

“Dit hang af hoe ’n mens daarna kyk,” sê hy voor sy haar arms slaan om die pa van haar kind, die man met wie sy getrou het, met sy moedige glimlag en sy kop vol stories. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.